Trotse Naledi Uitgewers

Trotse Naledi Uitgewers

Gansbaai Courant

“Ons kondig met trots aan dat Simon Bruinders se debuutroman, Die Sideboard, reeds vanaf 27 Julie 2015 op RSG voorgelees word,” skryf Johan Coetzee van De Kelders en eienaar van Naledi Uitgewers in sy Julie-nuusbrief.

Simon gesels opgewonde oor sy boek wat op 5 November 2015 by Monte casino debuteer as ‘n musiekblyspel, met Duncan Johson wat die hoofrol in dié treffende verhoogstuk speel. Kortliks kom Simon se boek, wat deur Naledi Uitgewers gepubliseer is, op die volgende neer: Dit is die jaar 1939 en die wêreldgeskiedenis sou onherroeplik verander - ‘n Waterskeidingsjaar vir die Afrikaner. By George onder die Outenikwaberg, kom ‘n ongeletterde Abraham tot die besef van die belangrikheid van boekgelerentheid. Abraham droom van ‘n familie met Stella, die jong onderwyseres. Om eendag kinders op sy eie grond groot te maak.

Só begin sy lewensreis, deur Sentraal Afrika tot by Egipte.

 En dan weer terug na George se vrugbare grond. Die swarthout en geelhout, waaruit hy ‘n sideboard vir Stella wil maak.  

Deur sy lewenstryd word die sideboard ‘n huisaltaar - ‘n simbool van geloof. Voortdurend bedreig en byna deur die vuur vernietig. Die Sideboard is ook die verhaal van Abraham se vriendskap met Kobus, die jong Afrikaner.

Twee militêre geskiedenisboeke, Eye of the Firestorm (Genl-Maj Roland de Vries) en Rooiplaas (Renier du Toit en Ronnie Classen) word ook in die nuusbrief bespreek. Binne die volgende paar weke sal Naledi ook Randall Wicomb, wat op 8 Augustus in die Pretoriussaal gaan optree, se Outobiografie die lig laat sien. Etlike skrywers in die onmiddelike omgewing het al onder Johan se Naledi-hande deurgeloop. 

Vir boekliefhebbers sal dit ook insiggewend wees om Naledi se nuusbrief gereeld te ontvang. Al Naledi se publikasies kan op Johan se webtuiste,

www.naledibooks.co.za, gesien word en hy kan ook by 083-454-3516 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hom by naledi@mweb.co.za.

Hardus Botha

Trotse Naledi Uitgewers

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant