SEEFF MAAK KANTOOR OOP IN PEARLY BEACH

SEEFF MAAK KANTOOR OOP IN PEARLY BEACH

Gansbaai Courant

SEEFF SUID-KAAP spog met 'n nuwe kantoor in Pearly Beach. Groot makietie is by die Rooi Bier gehou en eregaste was mnr Ian Badenhorst, Besturende Direkteur vir Seeff Suid-Kaap en sy vrou Barabara, asook  DA Raadslid, mnr Dudley Coetzee en sy vrou, Shirley.

Volgens mnr Cornie Swart, Besturende Direkteur vir Seeff in die Groter Gansbaai, is alle aanduidings van 'n wesenlike groei vir Pearly Beach in die vooruitsig. Hoë huispryse in nabye dorpe soos Stanford, De Kelders, Gansbaai en Franskraal maak Pearly Beach meer en meer aantrekliker vir Aftree- en Eerste huiskopers. Die kantoor sal bestuur word deur Dawid Kunneke en word bygestaan deur sy vrou, Janine, wat verhurings sal behartig.

Dawid en Janine is oorspronklik van die Laeveld in Mpumalanga en het meer as 30 jaar ondervinding in die eiendombedryf. Hulle liefde vir die Kaap het ontstaan toe Dawid in 1986 by die Ovcon groep BELANDIA HOMES in Kaapstad, sy debuut in die bedryf gemaak het. Hy was later Verkoopsbestuurder vir onder andere SAGE  SCHACHAT CULLUM en  die laaste twee jaar  vir die JUST PROPERTY GROUP aan die Suidkus van Natal.

“Die vriendelike mense, die kultuur, die natuur en lewenskwaliteit van Pearly Beach en die Overstrand het ons verower! Hier trek ek nie!,” sê Dawid.

SEEFF MAAK KANTOOR OOP IN PEARLY BEACH

Dawid Kunneke

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant