Reuse SA Jongwyn-Kragmeting

Reuse SA Jongwyn-Kragmeting

Gansbaai Courant

“‘n Reuse SA Jongwyn-kragmeting is in die vooruitsig gestel,” vertel Marlene Truter van SA Jongwyn.

“‘n Rekord 2,163 jongwyne, tien persent meer as verlede jaar, sal hul staal wys tydens die 2015 SA Jongwynskou-beoordeling by die Nederburg-Veilingkompleks wat vandeesweek op 27 tot 31 Julie in die Paarl plaasvind.” Die organiseerders van die kompetisie, die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging (SANWSV), is van mening dat die kategorieë vir Shiraz en Chenin Blanc vanjaar die grootste aantal inskrywings gelok het (178 elk), gevolg deur Cabernet Sauvignon (153) en Sauvignon Blanc (147).

“Spesialispanele bestaande uit sewe gekwalifiseerde wynbeoordelaars in elk van die klasse sal die jongwyne deeglik op die proef stel,” sê Marlene.

“Soos in vorige jare word ‘n agste leerlingbeoordelaar op elke paneel ingesluit, wat opkomende wynproeërs die geleentheid sal bied om hul evalueringsvaardighede te slyp tydens hierdie marathon-proesessie.”

Die junior beoordelaars se punte-toekennings sal nie by die finale tellings ingereken word nie. Deelnemers ding mee om SA Kampioentrofeë in 17 klasse.

Witwynklasse sluit Chenin Blanc, Sauvignon Blanc, Chardonnay, Sémillon, Ander Wit Kultivars, Droë Wit Versnitte, Effe-droë Witwyne en Edellaatoes in.

In die klasse vir rooiwyne sal die kompetisie fel wees vir trofeë vir die beste Pinotage, Shiraz, Cabernet Sauvignon, Merlot, Ander Rooi Kultivars en Droë Rooi Versnitte. Verder sal die beoordelaars sal ook die beste Port, Dessertwyn en Muskadel tussen die magdom van inskrywings identifiseer.

Aan die einde van die kompetisie sal een jongwyn uit die meer as 2,100 ingeskrewe wyne as die Algehele SA Kampioen Jongwyn gekroon word en die Generaal Smuts-trofee ontvang.

Die gesogte Pietman Hugo-trofee vir die kelder met die hoogste telling vir inskrywings in vyf kategorieë sal ook op die spel wees.

Die wenners sal op die 2015 SA Jongwynskou-toekennings se gala-aandete aangekondig word.

Vir meer inligting kan Marlene by 083-294-6060 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by

marlene@marlenetruter.co.za, of besoek hulle webtuiste by www.marlenetruter.co.za.

Hardus Botha

Reuse SA Jongwyn-Kragmeting

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant