Toerisme verteenwoordigers kuier hier

Toerisme verteenwoordigers kuier hier

Gansbaai Courant

"Wesgro reël konferensies vir verteen-woordigers van Toerisme organisasies van-uit alle Weskaapse streke kwartaalsgewys," vertel Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme.

"Die onlangse konferensie was vir die Overstrand ge-oormerk, met verteenwoordigers vanuit verskillende streke in die Wes-Kaap. Die groep was verlede Donderdag en Vrydag betrokke by ‘n konferensie te Stanford Valley wat deur Joanne Kunz van Cape Whale Coast gereël is. Hulle kon voor die aanvang van die konferensie as vrywilligers aan aktiwiteite, soos deur Gansbaai Toerisme gereël, deelneem. Hulle sou vroeg die oggend op ‘n walvisbesigtigingsrit saam met Ivanhoe Sea Safaris uitgaan, maar weens gure weersomstandighede kon dit nie realiseer nie.

Plan B is deur Glenda in werking gestel met ‘n kort besienswaardigheidstoer van sowat twee ure in die omgewing. Walvisse te De Kelders is besigtig, waarna die groep na die Dangerpoint Vuurtoring geneem is. Nadat hulle die pragtige omgewing daar besigtig het, is hulle na die African Penguin and Seabird Sanctuary (APSS) geneem.

Heerlike verversings is geniet terwyl Xolani hulle oor APSS ingelig het. Daarna is hulle terug na die Gansbaai Toerismekantoor, vanwaar hulle na Stanford vir die konferensie vertrek het. Hulle was vol lof vir hierdie pragtige omgewing wat hulle besigtig het.

Die op-en-wakker Toerismepersoneel, onder leiding van Glenda, kan by 028-384-1439 geskakel word, of stuur ‘n epos aan hulle by gansbaaiinfo@telkomsa.net, of op Facebook (gansbaai-tourism) of twitter (@gansbaaitourism). Gansbaai Toerisme se opwindende webtuiste is www.gansbaaiinfo.co waar vele kosbare inligting bekom kan word.

Hardus Botha

Toerisme verteenwoordigers kuier hier

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant