Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Wyle Enna de Lange, ‘n ou bekende in Gansbaai sedert 1951 tot en met haar afsterwe in 2007 (56 jaar), het in 1972 ‘n geelhoutboompie na Gansbaai gebring, wat almal geglo het nooit hier sal groei nie.
Die “gedoemde” boompie staan vandag steeds as ‘n yslike geelhoutboom langs Gansbaai Courant se kantore.
Enna se broer het gedurende daardie jaar ‘n onderwyspos in Oos-Londen aanvaar.
Dit was sy eerste onderwyspos en Enna het besluit om saam met haar seun, Ben de Lange te ry om haar broer weg te neem.
Sy het vriende daar gehad wat sy besoek het en kry toe dié geelhoutboompie as geskenk om na Gansbaai te bring.
“Die boompie is nie inheems aan Gansbaai met sy subtropiese klimaat nie,” vertel Ben.
“Almal het die boompie dus afgeskryf en gesê dit sal nooit hier aanpas nie.” Enna het haar nie laat afskrik nie en het haar boompie met voeding, water en baie liefde getroetel. Sy het die boompie langs die bestaande reënwatertenk geplant en dit net met reënwater natgemaak.
Vandag staan haar “eens gedoemde” geelhoutboompie soos ‘n sieraad as ‘n yslike pronkstuk langs die ou reënwatertenk.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...