Once in a Blue Moon

Once in a Blue Moon

Gansbaai Courant

Vrydagaand, 31 Julie 2015 was dit letterlik “Once in a Blue Moon” en nie spreekwoordelik nie. Vir diegene wat dit aanskou het - dit was ‘n pragtige verskynsel. Hierdie seldsame “blou” volmaan wat gesien kon word, word deur sterrekundiges as ‘n “blou maan” beskryf wanneer ‘n vierde volmaan in een van die vier seisoene verskyn, naamlik somer, winter, herfs of lente.

Die Engelse verwys na “once in a blue moon” wanneer iets baie, baie selde gebeur en dit is juis wat op 31 Julie vanjaar die geval was. Die onderskeie seisoene is elk drie maande lank, met ‘n volmaan vir elke maand. Die “blou maan” kom voor wanneer een van die seisoene, soos vanjaar hier by ons in die winter, ‘n vierde volmaan het. ‘n Meer algemene verduideliking van so ‘n “blou maan” is eenvoudig ‘n tweede volmaan in dieselfde maand, wat vanjaar op 31 Julie die geval was.

“Die wetenskaplike verduideliking van ‘n letterlike blou maan, wat uiters selde voorkom, is wanneer lugbesoedeling, soos met ‘n vulkaniese uitbarsting of grootskaalse veldbrande, die weerkaatsing van die maan se ligstrale letterlik blou laat lyk,” verduidelik Wolfram Zwecker. “‘n Letterlike blou maan kan enige tyd voorkom, volmaan of nie, soos met die uitbarsting van Krakatoa in 1883 of die berg Pinatubo in 1991. Die blou skynsel van die maan kom van rookdeeltjies wat veroorsaak dat net blou liggolwe deurgelaat word en die maan lyk dan blou, soortgelyk aan rooi sonsondergange wat gesien kan word as die son wegsak en die strale deur die stof weerkaats word.” Dit is egter selde wat mense dieselfde idee het wanneer daar van ‘n “blou maan” gepraat word.

Om die volgende twee volmane in een maand te sien, sal gewag moet word tot 31 Januarie 2018 of 31 Maart 2018. (Bron: Webtuistes van Nasa en Timeanddate.com)

Hardus Botha

Once in a Blue Moon

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant