Gansies se Groot Dag

Gansies se Groot Dag

Gansbaai Courant

 “Gansies, gansies stap in ‘n ry; 1 2 3 hier kom ‘n gholfdag verby!”, lui die kleuters van De Kleine Gansies Kleuterskool se liedjie oor hulle groot en opwindende dag op Saterdag, 12 September 2015 by Gansbaai Gholfklub.

Dit is verseker ‘n Familiedag wat nie misgeloop moet word nie - ‘n Gholfdag, ‘n Damestee en ‘n Kinderdagsorg - alles in een. Alle fondse wat op dié dag ingesamel gaan word, word direk teruggeploeg in die kleuters van De Kleine Gansies. Gholfspelers kan uitsien na ‘n opwindende “4 Ball Better Ball Prefered Drive” teen R200 per speler, met vele pryse op die spel.

Registreer sommer vooraf by info@overbergonline.co.za of skakel Mariana Smal by 079-951-0455 vir navrae.

Die Damestee (High Tea) vanaf 10:00 tot 12:30 beloof ook pure opwinding. Hierdie geleentheid word deur Gansbaai OK Foods geborg, met Willene Sieberhagen van Chata Romano as gasspreker en haar tema is “‘n Nuwe Jy…” teen R150 per persoon, maar slegs 150 sitplekke is beskikbaar. Willene gaan onder andere fokus op aspekte soos hare en grimmering se regte kleure vir die gelaat, asook fundamentele kledingstukke vir die klerekas.

Verteenwoordigers van Annique, Justine, Avon en Corra’s sal ook teenwoordig wees en ook hier sal pryse te wenne wees. Tee en koffie sal saam met verversings geniet kan word. Lise Bosman (076-767-4729) of Edna van der Linde (084-396-3306) kan vir kaartjies geskakel word, wat ook by Gansbaai OK Foods beskikbaar is.

Die derde been is die Kinderdagsorg vanaf 09:00 tot 13:00 teen R50 per kind (3-8 jaar) terwyl moeders die Damestee rustig kan geniet, met die kinders wat met aktiwiteite en verversingtjies besig gehou sal word.

Hier kan Lanita Marais by 028-384-1164 geskakel word. Laastens moet daar nie van die Hoender- of Gourmet Bief Burgers teen R35 vir middagete vergeet word nie. Wegneem burgers sal ook beskikbaar wees en Hanneke de Wet kan in hierdie verband geskakel word.

Die organiseerder van hierdie groot Gansie-dag is Gretha Hanekom en sy kan by 084-941-2276 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by groenfontein@b360connect.co.za.

Onthou van De Kleine Gansies se Groot Dag op Saterdag, 12 September 2015 by Gansbaai Gholfklub.

Hardus Botha

Gansies se Groot Dag

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant