Stanford Hills se Wyne

Stanford Hills se Wyne

Gansbaai Courant

Gansbaai Wynproegilde se onlangse byeenkoms in die gewilde Great White House was weer ‘n wenner en is uitstekend bygewoon. Die knap aanbieder was Peter Kastner van Stanford Hills Estate - sommer net om die draai van Gansbaai af en hy is deur sy eggenote, Jami vergesel. Peter se wyne is deurgaans met ‘n baie sterk silwer deur die lede en gaste beoordeel, met drie wat goue toekennings ontvang het. Peter staan dus nie verniet bekend as “Piet Pinotage” nie.

Die wyne wat te proe aangebied is, is Rosé (2015), Sauvignon Blanc (2014), Veldfire (2014), Jacksons Pinotage (2013), Shiraz (2012) en ‘n Pinotage Grappa as “nagereg”. Laasgenoemde is as ‘n sagte Grappa beskryf (met ‘n alkoholinhoud van 43%) - pure witblits.

Die “Veldfire” is ‘n uitstekende versnit van Shiraz en Pinotage. Op die vraag van hoe lank wyn stil behoort te lê, het Peter met die tong in die kies geantwoord: “Die langste wat ‘n mens wyn moet laat stil lê is op die motor se agtersitplek vanaf die bottelstoor tot by die huis!” Peter vertel dat hy letterlik in die diep kant ingegooi is. Hy is in Monrovia in Wes-Afrika gebore en het aanvanklik Hotelbestuur in Oostenryk studeer, maar besluit dit is nie vir hom nie. 

Daarna is hy na Hermanus en uiteindelik op 1 April 2005 na Stanford Hills, waar hy ernstig vanaf voedsel na wynbou oorgeskakel het. Stanford Hills Estate op die walle van die Kleinrivier is ‘n ware gesins-kuierplek met ‘n verskeidenheid van aktiwiteite wat vir ontspanning aangebied word. Hulle gewilde restaurant het sitplek vir sowat 80 mense, terwyl hulle netjiese akkommodasie geriewe vir sowat 34 mense het. Chef Derek Lowe van die Great White House het hom goed van sy taak gekwyt: Stuffed Chicken Thigh met velerlei lekkernye en groente, asook ‘n smaaklike nagereg met room daarna.

Vir navrae rakende Gansbaai Wynproegilde kan Amanda de Vries by 028-388-0708 of 082-577-6920 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha

Stanford Hills se Wyne

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant