Die opwinding van hengel

Die opwinding van hengel

Gansbaai Courant

Die visvangs was alles behalwe wonderlik gedurende die afgelope naweek. Die snoek is met vakansie en min ander vis is gevang. Daar is wel by uitsondering vis soos hotties, silwervis en roman ingebring maar daarvoor is hard gewerk en bowendien moes jy diep ingaan en redelik rowwe water trotseer. Daar is manne wat niks gekry het nie. Hoop darem dat toestande en natuurlik vangste sal verbeter.

Baie van ons het al vis gevang wat ons op foto’s verewig het en sal ressorteer onder “groot “ visse. Min sal egter kan roem op byvoorbeeld kabeljou wat sal grens aan “honderdponders”, maar tog is visse soos geelbek en kabeljou van so 9, 10 kilogram nie te versmaai nie.Waarom nou hierdie vergelykings? Wel, watter klas vis jy ookal gevang het (beide vanaf ‘n boot of vanaf die kant), ons is mos altyd op die uitkyk vir iets groter en dit is waaroor hengel gaan. Tyd om bietjie perspektief te kry  _  watter tipe vis het jy al gevang? Ons praat nou van groottes (en onthou om spesies in gedagte te hou).

Indien dit nie so is dat jy altyd groter wil gaan nie, sal die gebrek aan uitdaging sekerlik sorg dat die opwinding nie genoegsaam is nie.  Indien jy ‘n bedrewe hengelaar is sal jou kanse altyd beter wees as die beginner, maar enigeen wat eerlik is sal erken dat geluk wel ‘n groot rol speel. Hengel, visvqang, noem dit wat jy wil, dit sorg dat die ware hengelaar se belangstelling nooit sal kwyn nie

Iemand het die  naweek juis vertel van die klomp vis wat hy die laaste tyd gevang het en waarop hy juis so trots is, maar, die grootte is die probleem. Mooi visse ja, maar nie gróót nie. Hierdie jong outjie het langs hom kom staan en hengel. Met sy eerste gooislag tref die geluk hom en hy trek ‘n bielie van ‘n kabeljou uit. Sy eerste gooi! Die outjie is natuurlik heel tyd verseker van hoe hy darem “ken van”. Maar in werklikheid was dit soort van onverstaanbaar. So ‘n jong laaitie, maar sy eerste gooi! Maar dan kan dit mos met jou ook gebeur.

Dis  mos wat so lekker is, ons sal nooit ophou nie.

Groete, Seemeeu

Die opwinding van hengel

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant