Vangstes min maar darem

Vangstes min maar darem

Gansbaai Courant

Enkele hengelaars van die Birkenhead Boothengelklub het op Saterdag, 1 Augustus 2015 ‘n slag geslaan, maar met ander het dit minder goed gegaan. Jan le Roux van JLR Associates (Architecture - Town Planning) het die kompetisie geborg.

Net 4 bote het ingeskryf en ingeweeg, met ‘n totale bemanning van 15 wat deelgeneem het, waarby 1 dame en 2 juniors ingesluit was. 7 verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was 54 met 'n totale massa van 43.3kg, wat ‘n gemiddeld van 2.89kg per hengelaar beteken.

Die klub se 2 juniors het etlike “gesoute” manne gewys waar Dawid die wortels uitgegrawe het.

Volledige uitslae is soos volg (met enkele interessante verskuiwings sedert die vorige kompetisie):

swaarste vis, Salmon Herselman (Rooi roman - 2.55kg);
2de swaarste vis, JP Uys (Jnr) (Rooi Stomp - 2.15kg);

swaarste sak (9.15kg), Salmon Herselman;
2de swaarste sak (4.85kg), JP Uys (Jnr);

swaarste bootgemiddeld (5.7kg), Laura 2 van Raymond Rabe;
2de swaarste bootgemiddeld (4.07kg), Nu-Nu van Johan Burmeister;

Dame Swaarste sak (0.80kg), Dixie Walsh;
Junior Swaarste sak (4.85kg), JP Uys (Jnr).

Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is:

Bootkampioene
Nu-Nu van Johan Burmeister (39.03kg)
Oupa van Ben Uys (27.59kg)
Relêks 2 van Jean Downing (26.06kg)

Mans Visvangkampioene
Philip Fourie (40.75kg),
Johan Burmeister (39.70kg), Ben Uys (31.75kg);

Dame Visvangkampioen
Dixie Walsh (17.8kg)

Junior Visvangkampioene 
JP Uys (29.35kg), Hennie Groenewald (20.95kg)

Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 5 September 2015 geskeduleer, met ‘n gesellige Lentedans en aandfunksie die aand.

Klubnavrae en funksie-besprekings kan aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634 gerig word, met kompetisie-navrae aan Johan Burmeister by 082-895-7647.

Hardus Botha

Vangstes min maar darem

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant