Groen & Goud vir Mauritz

Groen & Goud vir Mauritz

Gansbaai Courant

Mauritz du Plessis, bekende vlieënier van Gansbaai, was een van 4 Springbokke (Proteas) wat aan vanjaar se Wêreld Presisie Vlieg Kampioenskap gedurende 20-25 Julie 2015 in Denemarke deelgeneem het.

75 vlieëniers het 19 lande tydens die kompetisie verteenwoordig. Mauritz het 33ste uit die 75 vlieëniers in die landingsafdeling geëindig, wat ‘n baie goeie prestasie vir hom is. Tydens een van die landings het hy ‘n fout van slegs 2 sekondes gemaak, anders het hy 9de geëindig.

‘n Fransman was die Algehele Wenner, met Poland wat die Algehele Spanprys gewen het. Suid-Afrika het 10de algeheel geëindig en 5de in die landingsafdeling. Daar was ook 4 Internasionale beoordelaars vanuit Suid-Afrika teenwoordig. Mauritz het sy Springbokkleure as vlieënier gedurende Februarie vanjaar tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskap in Presisie vlieg te Brits verwerf.

(Die HAT beskryf “presisie” as “korrektheid in die uiterste graad”) Die Wêreld Presisie Vlieg Kampioenskap word elke tweede jaar in ‘n ander land aangebied en bestaan uit 2 bene: navigasie- en observeringvlieg (3 dae) en landings (1 dag).  

“Die vlieëniers is alleen in die vliegtuig, wat beteken die vliegwerk, navigasie, kaartlees en observering moet alles op eie houtjie gedoen word en die hele navigasie-roete moet letterlik op die sekonde uitgevoer word,” vertel Mauritz. “Dit verg dus hoë konsentrasie en vliegvernuf ten einde die roete te voltooi en is baie spanningsvol, maar die satisfaksie wanneer ons al die draaipunte gevind het, asook die foto’s en grondmerkers gekry het, is onbeskryflik!” Die navigasie-afdeling begin met ‘n teoretiese eksamen waar die roete beplan moet word met ‘n maksimum van 8 draaipunte en 18 foto’s en grondmerkers wat op die roete gevind en korrek geïdentifiseer moet word. Dit moet ook op die vliegkaart aangedui word. Die vlieënier het na opstyging 7 minute om die beginpunt te vind en seker te maak om op die gegewe tyd daaroor te vlieg. Denemarke is ‘n moeilike, plat gebied sonder berge of koppies met baie woude en fjords (water) waaroor gevlieg word en wat die identifisering van grondmerkers en foto’s bemoeilik. Op van die roetes het hulle soms tot 5 minute net oor water gevlieg wat hulle navigasie en tydsberekeninge nog moeiliker gemaak het.

Die landings-afdeling bestaan uit 4 landings per vlieënier, waarvan 2 landings sonder die vliegtuig se werkende enjin is en die vlieënier moet sy vliegtuig dus soos ‘n “sweefvliegtuig” inbring om te land. Die doel van die landings is om op ‘n 1 meter streep op die aanloopbaan te land en strafpunte word toegeken as jy voor of na die streep land. Presisie-vlieg klink beslis nie na kinderspeletjies nie.

Hardus Botha

Groen & Goud vir Mauritz

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant