Stoffel, die Ysterman

Stoffel, die Ysterman

Gansbaai Courant

“Hierdie was my eerste keer wat ek aan ‘n Ysterman Kompetisie deelgeneem het en waarskynlik my laaste een,” vertel Stoffel Fourie (57) van Franskraal. Stoffel het aan die “Durban 70.3 Myl” Ysterman Kompetisie op 2 Augustus in Durban deelgeneem.

Hierdie uitmergelende kompetisie bestaan uit swem in die see (1.9km), ‘n fietswedren (90km) en ‘n halfmarathon (21.2km). Uit die 2,916 deelnemers het Stoffel 1,840ste geïndig, wat ‘n puik prestasie vir ‘n eerste keer is. In sy ouderdomsgroep (55-59) was hy 38ste uit 69 deelnemers. Stoffel se totale tyd was 6 uur en 50 minute, wat soos volg ingedeel is: Swem - 45 minute (vereiste - 1 uur, 10 minute); Fietsry - 3 uur, 7 minute (vereiste - 4 uur, 5 minute); Hardloop - 2 uur, 27 minute (vereiste - 3 uur, 15 minute).

“Eintlik is ek ‘n fietsryer met sowat 13 Argus Wedrenne, asook ander fietswedrenne, agter die blad, maar ek hardloop ook nou sowat 3 jaar,” sê Stoffel. Dus het die halfmarathon en fietsry hom gepas, maar die swem was moeilik, aangesien hy nog nie veel geswem het nie. In sy oefenprogram sedert November 2014, het hy die volgende afstande afgelê: Fietsry - 5,500km; Hardloop - 762km; Swem - 42km. Stoffel sê hy is deur sy seun, Christoff (32), wat ook deelgeneem het, “omgepraat” om aan die kompetisie deel te neem.

Sy skoonseun, Werner, asook sy dogter, Jaanre is eweneens aktief by fietsry en draf betrokke. Stoffel is met Lillia getroud en sy pa is ‘n ou bekende in Baardskeerdersbos. Die egpaar het sowat 4 jaar gelede in Franskraal ‘n woning gekoop, waar hulle in November 2014 kom aftree het. Geluk aan Franskraal se Ysterman!

Hardus Botha

Stoffel, die Ysterman

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant