Voorgee Liga Wenners, Overberg Streek

Voorgee Liga Wenners, Overberg Streek

Gansbaai Courant

Nadat die ligaspan van Gansbaai die finaal van die Voorgee Liga, Overberg streek, gehaal het moes hulle teen Kleinmond oor twee wedstryde uitspeel om die wenner te bepaal. Elke wedstryd het 8 punte getel.

Die eerste wedstryd het op Kleinmond plaasgevind en Kleinmond het Gansbaai oortuigend met 6½ teen 1½ geklop. Dit het beteken dat Gansbaai die tweede wedstryd met ten minste 7 teen 1 moes wen om as die wenners gekroon te kon word.

Op Saterdag 8 Augustus het die spanne mekaar die stryd aangesê. Onder die leiding van die kaptein, Jacques Nell, het die manne baie hard baklei en uiteindelik met 'n ongelooflike poging die wedstryd met 8 teen 0 gewen.

Randall Newman van die Boland Gholf Unie, was in beheer van die wedstryd.

Dit is die eerste keer in die geskiedenis van Gansbaai Gholfklub  dat dit vermag kon word.

  Die span gaan nou teen die wenners van die ander 3 streke uitspeel om die algehele Boland wenners te bepaal.

Ons wens die span alle sterkte toe.

André Roos

Voorgee Liga Wenners, Overberg Streek

Andre Roos

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant