Funky Fynbos Festival Gansbaai

Funky Fynbos Festival Gansbaai

Gansbaai Courant

 “Na ons eerste suksesvolle fees in 2014, beloof vanjaar se Funky Fynbos Fees ‘n naweek van pret en plesier vir die hele gesin,” vertel Michelle Williams, een van die organiseerders van die fees. Die program vir die naweek van 18-20 September 2015 is reeds gefinaliseer en is propvol opwindende feesitems te De Uijlenes en regdeur die res van die omgewing. Drie bergfietswedrenne sal weer een van die hoogtepunte wees, ook vir die gesin. Aktiwiteite vir kinders sluit korter bergfietswedrenne, bergwedlope, go-karts, kulkunstenaars, modelvliegtuie, springkastele, gesigverf en veel meer verrassings in.

In Gansbaai Hawe sal aktiwiteite soos visbraai, lewendige vermaak en pret vir kinders aangebied word. Vir die natuurliefhebber sal daar Fynbossafaries, perdry-ritte in die fynbos of op die strand plaasvind. Gansbaai Gholf Klub sal sorg vir ‘n stewige gholfkompetisie vir gesoute gholfspelers.

Lomond Wynkelder kan ook besoek word vir wynproe en ‘n “pop-up” restaurant, asook lewendige musiek, ‘n vlieghengelkompetisie en vele pret vir kinders sal insluit. By De Uijlenes sal die jaarlikse Gansbaai Fynbos uitstalling besigtig kan word, asook lewendige vermaak, ‘n speelpark vir kinders, handwerk- en kosstalletjies en veel meer.

By Strandkloof Karavaanpark is daar 4x4 aksies, witblits, perlemoenpotjie, ‘n spitbraai en veel meer. Groeneweide Kwekery sal sorg vir uitstallings, verkope van selfdoen-projekte, heerlike etes met wyn, bier en musiek vir almal, asook plaasdiere en ‘n klimraam vir kinders en die vlieg van radiokontrole vliegtuie vir die “groter” kinders. Haaiduik en kyk na walvisse per helikopter, vliegtuig, van die land of per boot, word ook aangebied.

Toegang tot die fees en stalletjie-areas is gratis. Die fees se doelwit is om besoekers aan Gansbaai se verskeie besienswaardighede bekend te stel. ‘n Gedeelte van die fees se opbrengs sal aan ‘n liefdadigheidsorganisasie, wat later geïdentifiseer sal word, geskenk word. Kom ondersteun en geniet die Funky Fynbos Fees.

Vir meer inligting kan die fees by www.funkyfynbos.co.za besoek word. Michelle Williams kan by 082-689-0355 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by funkyfynbosfestival@gmail com.

Hardus Botha

Funky Fynbos Festival Gansbaai

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant