R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Dr Bobo se Woordverkondiging as leraar en as skrywer berus op ‘n rotsvaste veronderstelling: ‘n mens kan niks doen sonder dat God jou dit deur genade gee nie,” lui die inskrywing op die NGK se Bulletin. “Ons sal dr Bobo altyd onthou vir die rustige kalmte wat hy uitstraal, die empatie en simpatie waarmee hy mense behandel, die bemoedigende woorde wat hy altyd het en bowenal sy liefde vir sy Hemelse Vader.” Op Sondag, 16 Augustus 2015 het dr Bobbo van Zyl, bekende en geliefde leraar van die NG-gemeente, sy emeritaat in ‘n volgepakte NG-Kerkgebou ontvang. Ds Willie Kotze het die oorhandiging namens die Ring van Caledon waargeneem. “Ek staan met gemengde gevoelens van vreugde en hartseer in my, maar terselfdertyd beskou ek dit as ‘n groot eer om die emeritaat te oorhandig,” het ds Willie gesê. “Reeds sedert my beginjare in Gansbaai was dr Bobo vir my ‘n ware mentor.” Daarna het die NG-Kerkkoor “I’ll walk with God” gesing. Dit was ook dr Bobo se laaste bediening van die Heilige Nagmaal aan die gemeente. Sy boodskap was op die bekende gelykenis van die Goeie Herder gebaseer, met Joh 10:28 as teksvers: “En hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie.”
Fransil Kotze het namens die Vroue-diens, met ‘n by-drae deur Herberg-aan-See, ‘n groot en pragtige ge-makstoel as af-skeidsgeskenk aan dr Bobo oor-handig. Die dames het ‘n stappie verder gegaan en vir hom ‘n mussie en ‘n kniekombers as bykomende “toerusting” vir die stoel gegee. Dr Bobo is te Postmansburg in die Noord-Kaapland gebore en deurloop sy skoolloopbaan (sub A tot matriek - 1973) aan die Hoërskool Olifantshoek, waarna hy die kwalifikasies BA Hons: Filosofie en DTh verwerf. Hy is in 1981 gelegitimeer, met sy eerste gemeente te Lambertsbaai (1984-1993). 18 jaar gelede aanvaar hy ‘n beroep na Gansbaai, waar hy op 1 Julie 1997 in sy amp bevestig word. Dr Bobo en sy eggenote, Mickey het drie seuns, Jaco, Jasper en Willie, met al drie wat in Gansbaai grootgeword het. Dr Bobo sal deur gemeentelede, maar ook in die gemeenskap, onthou word as leraar, bedienaar van die Woord, mentor en vriend. Die egpaar beplan om na Lambertsbaai te verhuis, wat ook sy eerste gemeente was.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.