HaS se emosionele afskeid

HaS se emosionele afskeid

Gansbaai Courant

 “Ons neem vandag afskeid van ‘n nederige en rustige man wat graag drukkies uitgedeel het,” het een van Herberg-aan-See (HaS) se inwoners emosioneel gesê. Die geleentheid was HaS se inwoners, die bestuur en personeel, asook die Beheerraad se afskeidsfunksie wat vir dr Bobo en Mickey van Zyl gereël is. Dr Bobo het op Sondag, 16 Augustus sy emeritaat van Gansbaai NGK ontvang. “Baie trane het al op hierdie mat geval en vir my is dit byna soos heilige grond,” het dr Bobo gesê terwyl hy na die mat in HaS se sitkamer gekyk het.

John van Rooyen, Bestuurder: HaS, het die verwelkoming namens die Beheerraad en die “Huisgesin” (inwoners) van HaS hanteer. Suster Linda Meyer het ‘n blyk van waardering aan dr Bobo oorhandig, met John wat gesê het: “Hierdie is net voorlopig, die ‘sjokolade’ kom later!” ‘n Inwoner, Christine Jordaan, wat ‘n jarelange pad saam met dr Bobo en Mickey gestap het, het namens die inwoners gepraat. Woensdae se bidure is as baie spesiaal in HaS ervaar. “Die bidure was vir my ‘n persoonlike hoogtepunt en dis daar waar ek gereeld vrede vir myself gevind het,” het dr Bobo gesê. Die geleentheid is deur enkele Beheerraadslede, wat ‘n lang verbintenis met die egpaar het, bygewoon.

Joe Mangiagalli het ‘n “Thought of the Day” aan die egpaar voorgelees en dit aan dr Bobo oorhandig:

“People are often unreasonable, self-centered - Forgive them anyway; If you are honest, people may cheat you - but be honest anyway; What you spend years to build, someone could destroy overnight - Build anyway; The good you do today, people will often forget tomorrow - Do good anyway; You see, in the final analysis it is between you and God - it never was between you and them anyway.”

Hardus Botha

HaS se emosionele afskeid

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant