Gansbaaiers vereer

Gansbaaiers vereer

Gansbaai Courant

Vir die tweede agtereenvolgende jaar het Gansbaaiers uitstekend tydens die prestige Burgemeesterstoekennings-aand op 25 Augustus 2015 gevaar. Sewe Gansbaaiers was onder die genomineerdes in verskillende kategorieë, waarvan vier wenners was. “Aan almal wat vanaand ‘n sertifikaat ontvang het, baie geluk en dankie vir die voorbeeld wat aan ons almal gestel word - dit kán ‘n verskil maak!” het Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie, Overstrandse Uitvoerende Burgemeester gesê.

Die Vrou van die Jaar Toekenning is aan Kim “Sharklady” MacLean oorhandig vir haar passie vir grootwithaaie en haar optrede as ‘n ambassadeur vir die omgewing. Derde was    Hermine Groenewald wat op 80-jarige ouderdom steeds in diens van haar roeping staan om die armes van Gansbaai te help.

Die Omgewingsbewarings Trofee is vanjaar deur Gansbaai se Michael Rutzen ingepalm vir sy uitstaande bydrae op die  gebied van marienebewaring en -navorsing. Wilfred Chivell was vanjaar die opvolgwenner vir sy African Penguin and Seabird Sanctuary.

In die kategorie “Sertifikate vir Uitnemendheid” het twee Gansbaaiers uitgeblink. Natasha Bredenkamp vir haar betrokkenheid by etlike programme, asook haar uitnemende bydrae op sportgebied. Nog ‘n Gansbaaier in hierdie kategorie is Gabbi Jonker van Flower Valley Farm vir haar groot impak op die gemeenskap en haar suksesse met Flower Valley Early Learning Centre. Olga Swanepoel van De Kelders het ‘n Sertifikaat vir Nominasie in hierdie kategorie ontvang vir die wyse waarop sy as 80-jarige haar liefde vir kuns en kwiltwerk met ander deel en opleiding verskaf.

In 2014 was daar nege Gansbaaiers onder die groep van    genomineerdes en onder die finaliste was daar twee, terwyl 5 uit die 8 genomineerdes vir Sertifikate vir Uitnemendheid ook Gansbaaiers was. “Baie geluk aan vanjaar se ontvangers van toekennings, Gansbaai Courant en die gemeenskap is trots op julle!”

(Foto’s: Bernard Jordaan van Nasionale Pers-Sentrum)

Hardus Botha

Gansbaaiers vereer

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant