BBos Orkes-ikoon sterf

BBos Orkes-ikoon sterf

Gansbaai Courant

Gansbaai en omgewing het op Donderdag, 20 Augustus sy Boereorkesikoon, Manie Marais Groenewald (78) aan die dood afgestaan. Manie is ná ‘n kort siekbed in sy woning te Baardskeerdersbos oorlede. Hy is gedurende die eerste helfte van Julie met ‘n kwaadaardige gewas op die brein en ander kanker gediagnoseer. Sy afsterwe as ‘n ware ikoon en groot gees op die gebied van boeremusiek laat ‘n baie groot leemte in die gemeenskap, asook landswyd.

Manie is op 11 Maart 1937 in Baardskeerdersbos gebore en was ‘n volwaardige B’Bosser. Hy is op 10 Desember 1960 met Mara (81) in die huwelik bevestig. Daar is 2 kinders, Danie Fourie en Wilmien Visagie, met Manie wat met 3 kleinkinders, JC Fourie, Manie Groenewald en Mari Groe-newald geseënd was, asook ‘n agterkleinkind, Ryno Fourie. Manie se beroepsjare het in die destydse Suidwes-Afrika (Namibië) begin toe hy in 1954 begin “trol” het, maar in 1984 het hy klaargemaak met die see, nadat hy reeds in 1982 met ‘n melkboerdery begin het. In 2008 het hy besluit om permanent af te tree. Gedurende die sestigerjare het Manie en Willie de Villiers met orkes-dinge begin, wat van krag tot krag gegroei het. Daarna volg die stigting van die Strandveld Boere Orkes, die Pavement Specials, die Baardskeerdersbos Orkes en nog later die Baardskeerdersbos Boere Orkes - telkens op inisia-tief en onder leiding van Manie. ‘n Addisionele orkes is in 2008, ook op sy inisiatief, gestig - die Rummy Cub Orkes.

“Dis nou die manne wat in die voorkamer musiek maak, terwyl die vrouens in die kombuis rummy cup speel,” het Manie destyds gesê. Hy het ook 5 CD’s die lig laat sien. Manie laat se eggenote, Mara, sy kinders, Danie en Wilmien, 3 kleinkinders en 1 agterkleinkind agter. ‘n Roudiens is op Woensdag, 26 Augustus 2015 om 15:00 deur ds Dirk van Dyk in die Baardskeerdersbos NG Kerkgebou gehou.

Kennis kan ook geneem word van ‘n huldeblyk vir Manie met Willem Viljoen van RSG se program, Vastrap, eerskomende Saterdag (29 Augustus 2015) om 14:00-15:00.‘n Volledige huldeblyk vir Gansbaai se Boereorkesreus sal in die volgende uitgawe van Gansbaai Courant geplaas word.

Hardus Botha

BBos Orkes-ikoon sterf

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant