Gansies begin Kwaak

Gansies begin Kwaak

Gansbaai Courant

Die Gansies van De Kleine Gansies Kleuterskool begin kwaak oor hul groot Familiedag op Saterdag, 12 September 2015. Hulle het beslis goeie rede om so aan die kwaak te gaan, aangesien dit ‘n geleentheid vir fondsinsameling is wat in hul kleuterskool teruggeploeg gaan word.

Dié dag gaan bestaan uit ‘n Gholfdag vir die “omies” wat weet hoe om ‘n gholfballetjie te slaan, ‘n Damesteedag vir die “tannies” met die mooi modeklere en ‘n Kinderdagsorg vir die kwakende Gansies om hulself te geniet terwyl die “omies” en “tannies” die fondse laat inrol. Gholfspelers kan uitsien na ‘n opwindende “4 Ball Better Ball Prefered Drive” teen R200 per speler, met vele pryse op die spel. Die Damestee (High Tea) vanaf 10:00 tot 12:30 teen R150 per persoon beloof net opwinding en word deur Gansbaai OK Foods geborg, met Willene Sieberhagen van Chata Romano as gasspreker. Haar tema is “‘n Nuwe Jy…” en sy gaan onder andere fokus op aspekte soos hare en grimmering se regte kleure vir die gelaat, asook fundamentele kledingstukke vir die klerekas. Verteenwoordigers van Annique, Justine, Avon en Corra’s sal ook teenwoordig wees en ook hier sal pryse te wenne wees. Tee en koffie sal saam met verversings geniet kan word.

Die Kinderdagsorg vanaf 09:00 tot 13:00 teen R50 per kind (3-8 jaar) sal vir die gerief van moeders aangebied word. Hulle sal met verskillende aktiwiteite en verversingtjies besig gehou word. Dan sal daar Hoender- of Gourmet Bief Burgers teen R35 vir middagete te koop aangebied word, asook wegneemburgers.

Navrae kan gerig word aan: Mariana Smal (gholf) by 079-951-0455; Lise Bosman by 076-767-4729 of Edna van der Linde by 084-396-3306 (damestee); Lanita Marais (kinderdagsorg) by 028-384-1164; Hanneke de Wet (burgers) by 074-341-2474.

Die organiseerder van hierdie groot Gansie-dag is Gretha Hanekom en sy kan by 084-941-2276 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by groenfontein@b360connect.co.za.

Onthou van De Kleine Gansies se Groot Dag op Saterdag, 12 September 2015 by Gansbaai Gholfklub.

Hardus Botha

Gansies begin Kwaak

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant