Showville in Gansbaai

Showville in Gansbaai

Gansbaai Courant

SABC 2 se Showville-program sal vanaf November vanjaar gebeeldsend word. Die span is tans in ‘n proses om dorpe te besoek vir deelname aan die program. Gansbaai is sommer vroeg volgende week aan die beurt en talente sal uitgehaal en gewys moet word vir die vale. Die verskeidenheids-talentskou, met 4 optredes waaruit gekies gaan word, bestaan uit sang en dans en enige ander verskeidenheidskonsert-talente. Dit word professioneel deur Rob van Vuuren en Bontle Modiselle aangebied. Oudisies sal op Donderdag, 3 September by Laerskool Gansbaai plaasvind.

Op Vrydag, 4 September sal ‘n “kortlys” opgestel word, terwyl almal bygestaan en gehelp sal word met korrekte optredes. Op Saterdagaand, 5 September sal ‘n verskeidenheidskonsert by die laerskool aangebied word om die finale wenner aan te wys - met ‘n hoofprys van R10,000. Die wenner sal dan ook deel wees van November se uitsending van die program. Enkele voorwaardes word gestel, soos ‘n maksimum van 4 lede per groep en deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.

Vir meer besonderhede, verdere inligting en inskrywingsvorms kan Gansbaai Toerisme by 028-384-1439 gekontak word. Die webtuiste:  www.showville.co.za kan ook besoek word.

Hardus Botha

Showville in Gansbaai

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant