Birkenheaders se Woelige Naweke

Birkenheaders se Woelige Naweke

Gansbaai Courant

Die Birkenhead Boothengelklub is ernstig oor hulle hengelkompetisies en die hengelaars dreun mekaar gereeld op, maar wanneer daar sprake van pret is, is die visstokke vergete. So gaan dit weer volgende week wees. Indien die weer dit toelaat, is die bote Saterdag, 5 September see toe vir die maandelikse hengelkompetisie. Dan is dit huis toe om die visreuk met “after shave” te vervang en dan terug klubhuis toe vir die aand se Lentedanspret soos wat net die Birkenheaders dit kan aanbied. ‘n Smaaklike driegang maal word aangebied, gepaardgaande met gesellige saamkuier, ontspan en dans.

Die klub se Musiekfabriek met Ramond Rabe agter die drade, knoppies en CD’s het geen bekendstelling nodig nie. ‘n Kontantkoeg sal beskikbaar wees, dus geen eie drank nie. Kaartjies vir die heerlike aand beloop ‘n skrale R70 (nie-lede) en R65 (lede). Drag vir die Lentedans is netjies informeel en vanjaar sal daar nie ‘n tema wees nie. Almal, en nie net lede nie, is welkom om die gesellige Lentedans te kom bywoon. Nog ‘n belangrike naweek wat nou reeds aangeteken moet word, is die King of the Bay Boothengelkompetisie wat op Saterdag, 3 Oktober 2015 aangebied word, met die Birkenhead Boothengelklub as gasheerklub. Dit is ‘n groot geleent-heid met vele groot pryse wat nie te versmaai is nie, asook en natuurlik die gesogte King of the Bay Wisseltrofee wat tans trots in die Birkenhead Boothengelklub se trofeëkas staan.

“Behalwe vir die opwinding wat met so ‘n kompetisie gepaardgaan, is die primêre doel van hierdie kompetisie om die onderskeie visvanglede geleentheid te bied om mekaar beter te leer ken en sommer net om ‘n heerlike visvangdag te hê,” sê Philip Fourie, voorsitter van die Birkenhead Boothengelklub. Vir enige kompetisenavrae, asook die King of the Bay, kan Johan Burmeister by 082-895-7647 geskakel word.

Vir kaartjies, besprekings en/of navrae rakende die Lentedans op 5 September kan Philip Fourie by 082-747-3634 geskakel word, of Lorraine Fourie by 083-450-3653 of Johan Wiese by 084-680-1269.

Hardus Botha

Birkenheaders se Woelige Naweke

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant