Gansbaai Primêr se Eisteddfod-trots

Gansbaai Primêr se Eisteddfod-trots

Gansbaai Courant

Leerders van Gansbaai Primêr kan trots voel op hul onderskeie deelnames aan die onlangse Eisteddfod byeenkomste wat plaasgevind het. Zubeida Loff se 15 leerders het in die Engelse Voordrag-item het ‘n Cum Laude, 7 Goud-, 6 Silwer- en 1 Eervolle Vermelding te Laerskool Gansbaai op 12  Augustus 2015 ingepalm.

Die Cum Laude is aan Triston  Snyders toegeken. Die skool se gewilde Marimba Orkes   onder leiding van Deon du Toit het ‘n Cum Laude ingepalm. Hulle het tweede uit sewe orkeste geëindig tydens die Eisteddfod van 8 Augustus 2015 te Laerskool Okkie Smuts in Stanford waaraan 10 van die orkeslede deelgeneem het.

Die skool se knap skoolkoor met sy 54 lede onder leiding van Ellen Dunsdon het op 11 Augustus 2015 se Eisteddfod te Bredasdorp ‘n 78% Silwertoekenning met hulle drie liedere ontvang.

“Ons is baie trots op hierdie leerders wat Gansbaai Primêr se naam so hoog gehou het,” het die skoolhoof, Tommy Volkwyn gesê. “Baie geluk aan julle vir hierdie pragtige prestasies.”

Hardus Botha

Gansbaai Primêr se Eisteddfod-trots

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant