Mostert na die Maal

Mostert na die Maal

Gansbaai Courant

Dit is sowaar “mostert na die maal” wat betref die Gansbaai Elim Huis se bedanking aan Roman Bay Sea Farm. Collin Wallis van Roman Bay Sea Farm en sy span het kort ná  Mandeladag in gietende reën en met harde fisiese arbeid veel meer as hul 67 minute vir gemeenskapsdiens gedoen.

Hulle het Gansbaai Elim Huis besoek en besluit om ‘n veilige speel-area vir die kinders te skep. Eers is begin met die plant en verskuiwing van gras. Daarna was dit die aanbring en installering van parkie-speeltoerusting soos ‘n groot sandput, 2 swaaie, ‘n veilige buiteband-klimraam en 2 wipplanke. Dan het hulle ook ‘n muur met kinderhandjies beverf.

“Ek wil graag baie dankie sê aan Collin en sy span vir hul harde werk, asook aan die bestuur van Roman Bay Sea Farm vir die pragtige en welkome borgskap,” sê Joanne Swart van Elim. Gansbaai Elim Huis is in Kerkstraat 49, Gansbaai. Tans is daar 4 personeellede wat 21 kinders versorg. Joanne nooi belangstellendes uit om die Huis tydens besoekure (daagliks tussen 10:30 en 11:30) te besoek om hulself van die aktiwiteite en versorging van die kinders te vergewis.

Vir navrae oor Gansbaai Elim Huis, of vir donasies, kan Joanne Swart in Elim by 028-482-1988 of 072-109-1203 geskakel word.

Hardus Botha

Mostert na die Maal

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant