Sporthoogtepunt - Interskole

Sporthoogtepunt - Interskole

Gansbaai Courant

Een van Gansbaai se sporthoogtepunte van die jaar vind Saterdag plaas. Dit is die interskole-kragmetings tussen die Laerskool Gansbaai (Gansies) en die Laerskool De Villiers Graaff van Villiersdorp (Akkedissies). Hulle pak mekaar van 08h30 tot 14h05 in rugby en netbal op die skoolterrein. Dit is die agtste keer dat hierdie byeenkoms plaasvind. Vanjaar word die Laerskool Okkie Smuts van Stanford ook betrek met die deelname van vier netbalspanne en 'n rugbyspan. In die verlede is die interskole puik ondersteun deur ouers en ander belangstellendes, en vanjaar sal dit gewis weer die geval wees as die weer saamspeel. In die aanloop tot die groot dag word die tradisionele “big brag” vandag (Donderdag) gehou, waar die Gansies met liedjies en krete gees vang en die spelers aan ouers en ander gaste voorgestel word. 

Lede van die eerste rugby- en netbalspan ontvang spesiale pette van hul ouers. Mnr Eben van der Merwe, skoolhoof van Gansbaai Laerskool, het in sy verwelkomingsboodskap alle betrokkenes bedank vir hul bydraes tot hierdie besondere geleentheid,   spesifiek die hoofborg, Overberg Agri Versekering. Sy raad aan die Gansies is: “Geniet die dag, speel jou hart uit en stap van die veld/baan met trots.” Mnr C van Vuuren, skoolhoof van die Akkedissies, het op sy beurt die hoop uitgespreek dat sport en die sportmangees wat daarmee saamgaan, die groot wenners van die dag sal wees. Hy sê om deel te neem, is goed; om te wen, is beter; om dit te geniet, is die beste!

Die program is:

Netbal: 08h30: o.7B (LOS t GB), o.8B (LOS t DVG), o.10B (GB t DVG), o.11C (LOS t GB); 08h55: o.8A, o.9B, o.11B; 09h20: o.7A, o.12B (LOS t DVG), o.13B; 09h45: o.10A, o.11A; 10h10: o.9A, o.12A; 11h45:

Voorstelling van o.13A-netbalspanne; 12h00 – 12h45: o.13A. Rugby: 08h30: o.7; 09h00: o.8; 09h30: o.11B (LOS t DVG); 10h15: o.9; 10h40: o.11A; 13h00:

Voorstelling van o.13-rugbyspanne; 13h15 – 14h05: o.13A.

Gerrit Cloete

Sporthoogtepunt - Interskole

Gerrit Cloete

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant