Perlemoenplase staan saam

Perlemoenplase staan saam

Gansbaai Courant

Besigheid is besigheid en elkeen vir homself. Miskien is dit waar, maar in die geval van Gansbaai se Perlemoenplase het hulle bewys hoe selfs besighede, wat in kompetisie met mekaar staan, wonderlik tot voordeel van die gemeenskap kan saamwerk.

Die onderskeie Perlemoenplase het Gansbaai Primêr se eerste rugbyspan, die o/13A’s volledig met pette, truie, baadjies en sportsakke (20 van elke item) toegerus. Die items is op Vrydag, 21 Augustus 2015 aan die spelers oorhandig, met die skoolhoof, Tommy Volkwyn en die afrigter, Hilton Temmers wat dankbaar teenwoordig was.

Die verteenwoordigers van die Perlemoenplase was: Dirkie Kotze en Steyn Miller van Irvin & Johnson (pette en baadjies); Stephen Ashlin van  Aqunion Romansbaai (sportsakke); JP Coetzer en Natassia Valentine van   Premier Fishing (truie).

“Baie dankie aan Natassia, wie se seun een van die spelers is, wat hierdie borgskap geïnisieer het, maar veral ‘n groot dankie aan al drie ons Perlemoenplase wat sonder huiwering hulle volle samewerking gegee het om die gedagte te laat realiseer,” het die skoolhoof, Tommy Volkwyn gesê.

“Hierdie is ook ‘n ideale geleentheid vir ons om die belangrikheid van die bewaring van perlemoen, die noodsaaklikheid van die Perlemoenplase en die gevare van onwettige handel in perlemoen wat met geld en dwelms gepaardgaan, aan die kinders uit te wys.” Tommy het die verteenwoordigers ook uitgenooi om te enigetyd om bewyse te kom vra presies wat met alle gewaardeerde borgskappe gebeur sodat hulle eerstehands kan ervaar dat elke borgskap te alle tye ten volle benut word.

Vir Gansbaai Courant was dit ‘n riem onder die hart om te sien hoe drie groot kompeterende besighede saamstaan en saam lag en skerts tydens ‘n geleentheid wat vir die o/13A’s van Gansbaai Primêr ‘n baie spesiale en trotse geleentheid was.

Hardus Botha

Perlemoenplase staan saam

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant