Laerskool Gansbaai Presteer

Laerskool Gansbaai Presteer

Gansbaai Courant

Laerskool Gansbaai leer-ders het vereens bewys wat in hulle steek met prestasies in Eisteddfod, Astroquiz-gansies en Spelling Tweet kompetisies.  

Eisteddfod

Laerskool Gansbaai se deelname aan die Beeldende Kunsafdeling van die Overberg Eisteddfod in Kleinmond op Vrydag, 21 Augustus 2015, het vir pragtige prestasies gesorg. “Die Gr 1 tot Gr 7-leerders wat deelgeneem het, het baie goed gevaar en pragtig geteken,” sê Vickie Cilliers, Eisteddfod Koördineerder.

“Hulle het 4 Cum Laude, 13 Goud- en 32 Silwer sertifikate verwerf en ons is baie trots op hulle!” Sy bedank graag al die ouers, asook Heidi Chivell wat met die vervoer van die leerders na Kleinmond gehelp het. “Baie geluk aan Tiaan Fourie (Gr 2) en Werner van Zyl (Gr 7) wat onderskeidelik in die Junior- en Seniorafdeling as die algehele wenners aangewys is,” sê Vickie. “Dit is die eerste keer dat ons skool altwee plekke in hierdie kategorie van die Overberg Eisteddfod losslaan - welgedaan julle!” Sy sê hierdie twee leerders se kunswerke is by die OAK Konsert wat op Woensdag, 2    September 2015 plaas gevind het, uitgestal. Hulle sou ook hul medaljes tydens dié spoggeleentheid ontvang het.

Astroquiz-gansies

Baie geluk aan die Astroquiz-gansies wat op Vrydag, 28   Augustus 2015 aan rondtes 3 en 4 by die Suid-Afrikaanse Astronomie Observatorium (SAAO) in Observatory, Kaapstad deelgeneem het. Hulle het tot by rondte 4 gevorder, maar daar uitgeval. “Ons is steeds baie trots op julle!”

Spelling Tweet

Leerders van Laerskool Gansbaai het op Dinsdag, 25 Augustus 2015 aan die Overberg Distrik se Spelling Tweet-kompetisie by Zwelihle Primêre Skool deelgeneem. Sowat 22 laerskole het aan die Spelling Tweet deelgeneem. Uit ‘n moontlike sewe 1ste plekke by dié kompetisie, het Laerskool Gansbaai se leerders vyf 1ste plekke behaal. Hulle neem weer op 10 September 2015 aan die volgende kompetisie deel. “Baie geluk aan almal wat deelgeneem het - julle is tops!”

Hardus Botha

Laerskool Gansbaai Presteer

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant