Polisievroue se Vrouemaandoptrede

Polisievroue se Vrouemaandoptrede

Gansbaai Courant

Gansbaai SAPD het seker gemaak dat hulle gedurende Vrouemaand sigbaar was. ‘n Tydjie gelede het hulle in Gansbaai, Masakhane en Blompark rondgery en “cub-cakes” aan dames vir Vrouemaand uitgedeel, wat breë glimlagte tot gevolg gehad het.

Onlangs het hulle weer besluit op ‘n vriendelike “vroue”-padblokkade oorkant Gansbaai SAPD. Slegs motors met dames in is ewe formeel afgetrek, waarna ‘n polisiedame hulle ingewag het. Dit is kostelik om te sien hoe die dames in die motors se verbaasde (bekommerde?) gesigs-uitdrukkings met breë glimlagte vervang word. Kapt Gerda Groenewald en haar span het behoorlik bontgestaan om soveel as moontlik motors af te trek.

Onder andere is brosjures van Hermanus, Stanford en Gansbaai Maatskaplike  Dienste, wat handel oor vroueregte, uitgedeel, asook brosjures oor die seksuele misbruik van vroue, met die opskrif: “Break the Silence on Sexual Offences”. Knap gedaan, Kapt Gerda en jou span, knap gedaan!

Hardus Botha

Polisievroue se Vrouemaandoptrede

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant