Wilfred se Dream Catcher

Wilfred se Dream Catcher

Gansbaai Courant

 “Ons is in ‘n besigheid om mense se drome te bewaarheid,” is ‘n gereelde opmerking deur Wilfred Chivell van Dyer Island Conservation Trust (DICT).

“Toeriste kom van oral in die wêreld om na ons Suidelike Noorkapper walvis (Southern Right whale) en ons Groot withaaie (great white sharks) te kom kyk en dit is van uiterste belang dat hulle ‘n ‘WOW’-ervaring moet beleef.” Dit is dus byna vanselfsprekend dat Dyer Island Cruises se nuwe boot die naam Dream Catcher moes kry.

Hierdie pragtige 14m katamaran (tweerompskuit) is deur Veecraft in die Kaap ontwerp en gebou. Die boot het ‘n aluminium romp en is spesifiek vir eko-mariene en walvisbesigtigingsritte gebou. Sy kan 50 passasiers en 6 bemanningslede aanboord neem en is spesifiek vir veiligheid, gemak en stabiliteit ontwerp en sal uitstekend vaar in uiteenlopende weersomstandighede. Die boot se hoogte, met gerieflike uitkyk-dekspasie, bied uitstekende fotografiese moontlikhede aan die toeris. Dit is ‘n ruim boot met voldoende spasie, asook twee toilette en veilige afskortings (cubicles) vir gaste se persoonlike besittings.

Dream Catcher is powered by four large four-stroke 250 hp Yamaha outboard engines, and is equipped with the best electronic equipment to navigate the area. She is similar in look to the sister company, Marine Dynamics’ boat Slashfin. The public address system for the marine biologist tour guide will ensure no one misses any exciting facts about our whales and other species in the area. “Dream Catcher is tans in Gansbaai hawe vir geringe afrondingswerkies en sal eersdaags op see wees,” sê Wilfred.

Naas vele ander bewaringsinisiatiewe, is die mees onlangse “droom” van Wilfred wat bewaarheid is, die opening van die African Penguin & Seabird Sanctuary (APSS) op 26 Februarie 2015 vanjaar langs die Kleinbaaipad. Die APSS is elke dag van die week vanaf 09:00 tot 16:00 oop vir gratis besoeke, met ‘n vrywillige donasie wat gegee kan word. Inwoners en besoekers kan gerus ‘n draai gaan maak.

Onthou ook van die Pikkewyn Reddingslyn se kontaknommer: 072-598-7117.

Hardus Botha

Wilfred se Dream Catcher

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant