R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die Departement van Publieke Werke (DPW) het verlede week aangekondig dat daar beoog word om Gansbaai Hawe en dié van Hermanus teen onderskeidelik R25,3 miljoen en R23,35 miljoen op te gradeer.
Hermanus se Nuwe Hawe sal verander word tot 'n toerisme naaf. In Gansbaai word beoog om die tradisionele visverwer-kingsfasiliteite te verskuif na die Nuwe Hawe ten einde die tradisionele kleinskaal-vissers en toerisme in die Ou Hawe te akkommodeer. Daar word onder andere beoog om 'n drywende vasmeerkaai vir seiljagte voor die Birkenhead Bootklub te plaas. Of dit beteken dat Gansbaai Marine se Visfabriek, Overberg Commercial, Abalone Divers Limited, Ichtus- en Dyer Island Vissery na die Nuwe Hawe verskuif moet word, is onseker. Verteenwoordigers van Gansbaai se hawegebruikers het Saterdag, 29 Augustus 2015, op kort kennisgewing 'n vergadering in Kaapstad bygewoon. Dit hou verband met die Nasionale regering se Phakisa Projek wat hom ten doel stel om Suid-Afrika se hawens ekonomie te ontwikkel. Twaalf kleinboot vishawens gaan in die Wes-Kaap teen 'n bedrag van R400 miljoen in die boekjare 2015 tot 2017/2018 opgradeer word om hul ekonomiese potensiaal te ontsluit. Verskeie Nasionale departemente insluitend die DPW, die Department van Omgewingsake (DEA) en die Departement van Landbou, Vissery en Bosbou (DAFF) is betrokke.
Overstrand Munisipaliteit se Uitvoerende Burgemeester, Nicolette Botha-Guthrie, het Maandag gesê sy neem kennis van die vergadering wat in Kaapstad gehou is maar dat die betrokke staatsdepartemente eers op 21/22 September 'n voorlegging aan die Munisipaliteit sal maak. "Op hierdie stadium is ek nie volledig ingelig oor wat hulle beoog nie en sal eers na die inligtingsvergadering kommentaar kan lewer." Sy glo soos Alan Winde, Minister van Ekonomiese Geleenthede in die Wes-Kaap, dat kleinboothawens onder die beheer van plaaslike regering (munisipaliteite) moet wees. Sy het egter bygevoeg dat die antwoord moontlik lê in samewerkende bestuur en dat verdere besprekings met alle rolspelers moet plaasvind om duidelikheid te verseker oor elkeen se rol en verantwoordelikhede. "Ons hawens het 'n reuse potensiaal vir beide kommersiële en toerisme bedrywighede," het Botha-Guthrie gesê.
Volgens voorleggings wat in Kaapstad gemaak is wil dit voorkom of die besige Kleinbaai Hawe glad nie deel van hierdie beoogde opgraderings vorm nie. Dié hawe is reeds weens die Haai- en Walvisbesigtigingstoere 'n toerisme naaf en 'n belangrike lanseerhawe vir klein vissersbote.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.