Miljoene vir Gansbaai Hawe

Miljoene vir Gansbaai Hawe

Gansbaai Courant

Die Departement van Publieke Werke (DPW) het verlede week aangekondig dat daar beoog word om Gansbaai Hawe en dié van Hermanus teen onderskeidelik R25,3 miljoen en R23,35 miljoen op te gradeer.

Hermanus se Nuwe Hawe sal verander word tot 'n toerisme naaf.  In Gansbaai word beoog om die tradisionele visverwer-kingsfasiliteite te verskuif na die Nuwe Hawe ten einde die tradisionele kleinskaal-vissers en toerisme in die Ou Hawe te akkommodeer. Daar word onder andere beoog om 'n drywende vasmeerkaai vir seiljagte voor die Birkenhead Bootklub te plaas. Of dit beteken dat Gansbaai Marine se Visfabriek, Overberg Commercial, Abalone Divers Limited, Ichtus- en Dyer Island Vissery na die Nuwe Hawe verskuif moet word, is onseker. Verteenwoordigers van Gansbaai se hawegebruikers het Saterdag, 29 Augustus 2015, op kort kennisgewing 'n vergadering in Kaapstad bygewoon. Dit hou verband met die Nasionale regering se Phakisa Projek wat hom ten doel stel om Suid-Afrika se hawens ekonomie te ontwikkel. Twaalf kleinboot vishawens gaan in die Wes-Kaap teen 'n bedrag van R400 miljoen in die boekjare 2015 tot 2017/2018 opgradeer word om hul ekonomiese potensiaal te ontsluit.  Verskeie Nasionale departemente insluitend die DPW, die Department van Omgewingsake (DEA) en die Departement van Landbou, Vissery en Bosbou (DAFF) is betrokke.

Overstrand Munisipaliteit se Uitvoerende Burgemeester, Nicolette Botha-Guthrie, het Maandag gesê sy neem kennis van die vergadering wat in Kaapstad gehou is maar dat die betrokke staatsdepartemente eers op 21/22 September 'n voorlegging aan die Munisipaliteit sal maak. "Op hierdie stadium is ek nie volledig ingelig oor wat hulle beoog nie en sal eers na die inligtingsvergadering kommentaar kan lewer." Sy glo soos Alan Winde, Minister van Ekonomiese Geleenthede in die Wes-Kaap, dat kleinboothawens onder die beheer van plaaslike regering (munisipaliteite) moet wees. Sy het egter bygevoeg dat die antwoord moontlik lê in samewerkende bestuur en dat verdere besprekings met alle rolspelers moet plaasvind om duidelikheid te verseker oor elkeen se rol en verantwoordelikhede. "Ons hawens het 'n reuse potensiaal vir beide kommersiële en toerisme bedrywighede," het Botha-Guthrie gesê.

Volgens voorleggings wat in Kaapstad gemaak is wil dit voorkom of die besige Kleinbaai Hawe glad nie deel van hierdie beoogde opgraderings vorm nie. Dié hawe is reeds weens die Haai- en Walvisbesigtigingstoere 'n toerisme naaf en 'n belangrike lanseerhawe vir klein vissersbote.

Francois de Jongh

Miljoene vir Gansbaai Hawe

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant