Academia en Okkie Smuts kry Afri-Bome

Academia en Okkie Smuts kry Afri-Bome

Gansbaai Courant

Laerskool Okkie Smuts in Stanford spog met nuwe bome as gevolg van AfriForum se nuwe inisiatief in die Overstrand. “Overstrand AfriForumtak vat vanjaar hande met Whale Coast Conservation en ons verskaf aan hulle die kompos, beenmeel en dies meer vir boomplantmaand,” sê Elmarie van Dalen, voorsitter: Overstrand AfriForum.

“AfriForum het sy nuwe inisiatief, Boomplantmaand, op Dinsdag, 1 September 2015 bekendgestel om die belangrikheid van bome en hulle erfenis te benadruk.” Vanjaar fokus hulle op die volgende boomspesies: Bosvaderlandswilg / Forest Bushwillow (Combretum krausii) en die Wildepieterseliebos / Parsley tree (Heteromorpha arborescens). Riaan Conradie van Gansbaai AfriForum het ‘n soortgelyke boomplant-geleentheid by Gansbaai Academia gereël. Volgens Julius Kleynhans, AfriForum se hoof van omgewingsake, is die inisiatief ʼn vars briesie wat deur die land gaan waai.

“Mense regoor Suid-Afrika vier lenteweek gewoonlik gedurende die eerste week van September - AfriForum wil egter die hele Septembermaand aan bome toewy,” het Kleynhans gesê. 130 AfriForum-takke landswyd gaan meer as 1,000 bome deur die verloop van die maand plant. Die takke gaan verskeie besighede, gemeenskappe en skole besoek om oor die belangrikheid van bome te praat, terwyl uitheemse uitwissingsprojekte ook geloods gaan word.

‘n Onlangse studie in New York het bewys dat die toevoeging van ‘n addisionele 343 bome/km² die tempo van asma met tot soveel as 24% - 29% verlaag by kinders tussen die ouderdomme van 4 en 5 (Lovasi et al, 2008). Navrae rakende Overstrand AfriForum kan aan Elmarie van Dalen by 079-366-1000 gerig word. 

Hardus Botha

Academia en Okkie Smuts kry Afri-Bome

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant