4x4 Bekende by Strandskloof

4x4 Bekende by Strandskloof

Gansbaai Courant

 “Ons het die 4x4 dag vir ons Amarok-kliënte gereël om hulle beter met hul fantastiese voertuie te vereenselwig,” sê Erno Coreejes van Rola VW Hermanus en ook organiseerder van die 4x4 dag te Strandskloof Karavaanpark van Tot en Isabel Fourie.

“Ons voertuig is die markleier in elke opsig en daarom is dit noodsaaklik vir ons dat ons kliënte verstaan waarom die Amarok so ‘n fantastiese produk is.” André de Villiers, wat die voertuigbestuurders met ‘n lesing en praktiese demonstrasies kom touwys maak het, is verbonde aan Volkswagen Suid-Afrika en ‘n welbekende in Suid-Afrikaanse 4x4- en veldry-kringe. Hy kom uit ‘n engineursagtergrond en is deeglik op hoogte van die tegniese aspekte van 4x4 ritte. Hy is ook die aanbieder van die gewilde Safari 4x4 Roetes op KykNet. “Ons is deur Erno van VW Hermanus genader om die dag vir die groep te reël,” vertel Isabel.

Die manne is behoorlik deur haar en Tot bederf. Smaaklike verversings het met hul aankoms op die sowat 15 manne gewag, met die dag wat met ’n skaapspitbraai afgesluit is. Na die kort lesing van moets en moenies, is die manne na die 4x4 hindernisbaan op Tot en Isabel se plaas en kon André behoorlik demonstreer wat hy tydens die lesings aan hulle oorgedra het. Strandskloof Karavaanpark is ideaal  ontwikkel, met ’n netjiese terrein vir groepe besoekers met karavane, byeenkomste en dies meer.

Kontak gerus vir Tot of Isabel Fourie by 082-721-4381, of stuur ‘n e-pos aan strandskloofpark@omail.co.za. Hulle webtuiste kan by www.strandskloofpark.co.za besoek word.

Hardus Botha

4x4 Bekende by Strandskloof

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant