Overberg Kushengelklub (17 Sept 2015)

Overberg Kushengelklub (17 Sept 2015)

Gansbaai Courant

SATERDAG,  12 SEPTEMBER 2015

Dis Saterdagmiddag en amper 18:00 - die skaal wys 0.00. Die manne kyk rond in afwagting, maar diegene met vis hou hul vangste stilweg in die sakke.  Dit voel kompleet soos Oukersaand net voor die persente uitgedeel word.  Die afwagting raak elke maand meer hoe skaarser die vis raak. 

Gelukkig is daar darem nog manne wat kan en die puntestand tussen die voorste manne is dan ook baie na aan mekaar.  ‘n Paar pragtige galjoene is geland en die glimlagte was breed.

Die Klub wil  dan ook die getroue borge weer eens hartlik bedank. Moeilike ekonomiese tye maak dit baie moeilik vir besighede, maar steeds ondersteun hul die Klub gereeld.  ‘n GROOT dank dan ook aan die onderstaande besighede vir Saterdag se pryse: Liquor Land, Fish Fever, Buitesteen en Franskraal Kafee.

Die grootste vis (galjoen van 1.62kg!) is deur Henry Smit gevang. Baie geluk Henry.  Die tweede swaarste vis, weer ‘n galjoen van 1.34kg, is deur Oubaas Lesch gevang.  Die swaarste sak van 2.50kg  is deur Henry Smit ingeweeg. Daar is nog net twee kompetisiedatums vir die jaar oor, so diens weer ‘n slag die katrolle, kry die aas reg en krap die puntestaat deurmekaar.  Ons het gehoor van groot mosselkrakers wat verloor is, maar so in die see weeg hulle niks! Die klub se volgende wedstryd in Oktober is die gebruiklike gesellige wegnaweek (‘n gesinsnaweek soos min) waar die Stilbaai-klub se manne (en vroue) aangepak word.  Verlede jaar het die Gansbaaiers baie ‘braggerig’ huis toe gekom as die algehele wenners (dis nou van die visvangste, ons praat nie nou oor die geselligheid se uitslag nie).  Dit teen ‘n span wat die Suid-Kaap kampioene was!  Kom ons kyk of ons dit weer kan regkry.

Tot volgende maand.

Hengelgroete. Elba Tredoux

Overberg Kushengelklub (17 Sept 2015)

Elba Tredoux

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant