Huldeblyk Dr Zander Barnard

Huldeblyk Dr Zander Barnard

Gansbaai Courant

 “Zander was vir my ‘n lieflingkind, ‘n modelfiguur as vriend en kollega. Sy passie in die lewe was om sy beste te gee, om liefde te gee en liefgehê te word. Daarom was dit nooit nodig dat ek hom as kind hoef te vermaan of tugtig nie. Ek het die voorreg gehad om in die 2 jaar wat ons saam hier in Gansbaai gepraktiseer het, meer te leer wat dit is om jou beroep as huisarts ten volle uit te leef, selfs meer as in my eie 38 jaar ondervinding in algemene praktyk. By Zander het ek geleer hoe om ‘n opregte, passievolle geneesheer te wees.” So onthou dr. Christo Barnard sy seun, dr. Zander Barnard (31), wat verlede week by sy huis in Woodstock, Kaapstad, oorlede is. Volgens dr Barnard het Zander nooit  opgegee wanneer dit by ‘n pasiënt se lewe gekom het nie. “Hy het elke moontlike toets laat doen en mense tot op die einde bygestaan.”

‘n Voorbeeld hiervan was die dag toe Zander ‘n kankerlyer se hand gevat het en gesê het: “Oom, ek kan niks meer vir jou doen nie, maar ek kan vir jou bid.” Hierdeur het hy ‘n nie-gelowige man tot God gelei. Die man het in trane uit die spreekkamer gekom en gesê hierdie jong dokter het hom daardie dag oortuig dat daar werklik ‘n God in die hemel  is. ‘n Verpleegkundige wat in die Kaap saam met Zander gewerk het, het vertel hoe hy nie wou ophou om ‘n pasiënt, wat oënskynlik reeds dood was, te ressusiteer nie - en diè mens se hart het weer begin klop. Zander was ten tye van sy dood besig om te spesialiseer in Sportgeneeskunde. Ook waar hy  skoolgegaan het, word die jong Zander met lof onthou. Die Hoërskool Hermanus stuur sy lang prestasielys saam met die woorde: “Zander was ‘n besonderse persoon en leerder. Hy was só uitsonderlik talentvol - op akademiese-, kulturele- en sportgebiede. Hy was ‘n geliefde leerder en ons sal altyd aan hom as ons begaafde hoofseun van 2002 dink.” Benewens twee bladsye waarin sy prestasies op akademiese-, sport- en leierskapgebiede weergegee word, gee die skool ook ‘n lang  lys van toekennings wat Zander verwerf het. Dit sluit pryse in van 1998 tot 2000 vir ‘n prysenswaardige houding en toewyding aan skoolwerk. In 1999 was hy top-presteer in Afrikaans, Eerste Taal, waarvoor die HAKOK-prys aan hom toegeken is. In dieselfde jaar en ook in 2002 is ‘n spesiale prys vir Leierskap aan hom toegeken en was hy ook die hoogste presteerder in Wiskunde, Algemene Wetenskap, Geskiedenis, Aardrykskunde, Rekeningkunde en Bedryfsekonomie. Van 1999 tot 2002 kry hy meriete pryse vir Klasposisie en in 2000 kry hy spesiale pryse as rolmodel en uitstekende voorbeeld op alle gebiede, sowel as vir  volharding. En so hou die lys aan; In 2002 is die HR Hill Memorial Prize aan hom toegeken as die mees verdienstelike leerling, die hele skoolpersoneel se keuse. Hy verwerf ook die Roger Bushell Character Prize wat deur sy ouderdomsgroep aangewys is as leerling met die beste Christelike beginsels en wat die grootste invloed op hulle gehad het. Daar was ook nog die B.K. Schreuder-beker wat toegeken word aan die senior leerling wat die grootste uitnemendheid in op alle gebiede: akademies, kultureel, sport en leierskap, gehad het. Op elke gebied - ook wat persoonlikheid en karakter betref - is sy werk, optrede en karakter as “Uitstekend” aangeteken. Die skool se destydse hoof, wyle mnr W Ladewig, het in Zander se getuigskrif die volgende gesê: “Zander exemplifies the perfect gentleman and has a delightful sense of  humour and grace. As Headboy of Hermanus High School, he has set an example of achievement and behaviour, according to a sound code of ethics based on Christian values. Through his school career, Zander has been academically outstanding, maintaining an aggregate of over 90%. He has an extremely well-developed sense of responsibility and approaches all that he does with enthusiasm and dedication.

He is not only loved and appreciated by his peers, but also respected by all associated with him. “This articulate and charming young gentleman achieves standards of excellence in all that he does. Zander epitomises all that is admirable. We are very proud of him.” Dit was ‘n deeltjie van dr Klaas Alexander Barnard se beeld; uitstaande mens wat almal met wie hy te doen gehad het, se lewens aangeraak het - die jong man wie se nagedagtenis nooit sal sterf nie…

Carien Crafford

Huldeblyk Dr Zander Barnard

Carien Crafford

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant