Toerisme se 21ste AJV

Toerisme se 21ste AJV

Gansbaai Courant

Gansbaai Toerisme se 21ste Algemene Jaarvergadering het op Dinsdag, 15 September 2015 plaasgevind. Bevredigende en positiewe verslae oor die afgelope jaar se werksaamhede en finansiële bestuur is onderskeidelik deur Brenda du Toit en Glenda Kitley gelewer. Brenda du Toit is eenparig as voorsitter vir die nuwe jaar herkies.

Die volgende komiteelede van die vorige jaar het hulself weer herkiesbaar gestel, wat deur die vergadering goedgekeur is: Glenda Kitley (Bestuurder: Gansbaai Toerisme), Caron Lee, Hardus Botha, Gregory Charlsley en Jason Stonehewer. Nuwe lede wat verkies is, is Karin Brumer, Elzaan van Lill en Cari du Plessis. Die spesifieke portefuljes wat aan komiteelede toegeken sal word, word tydens die eerste Komiteevergadering gefinaliseer. Die voorsitter het haar opregte dank en waardering uitgespreek teenoor die uittredende lede Gina Boysen en Katrina Adams vir jarelange se harde werk in die komitee, asook teenoor Hannes Linde wat nie weer beskikbaar was nie. “Ons het ‘n bedrywige, produktiewe en interessante jaar agter die rug, met vele nuwe sake wat aangespreek is,” het Brenda gesê. “Nou sien ons uit na die nuwe jaar se uitdagings.”

Vele positiewe komplimente rakende die Toerismesaal se uitleg en uitstallings is ontvang, met dank teenoor Doulene Els, Maureen Valentine en Ally Msweli vir hulle bydrae in hierdie verband. Michael Lutzeyer gave a very interesting and motivating talk about marketing the area and not just the various establishments and products. He shared the various initiatives that Grootbos is involved in the upliftment of the community. An inspiration for everyone. Glenda het haar opregte dank en waardering teenoor die borge van die smaaklike eetgoed uitgespreek, naamlik Tolbos Bistro, Thyme at Rosemary, Great White House, B’Blondes, Grootbos, McClarkes Hideaway, Tuscany en Carols Catering. “Ook ‘n spesiale dankie aan Gansbaai Party Hire vir die gratis verskaffing van etlike items wat gebruik kon word,” het Glenda gesê. “Juanita, jy is ‘n ster en ons het vele komplimente oor die smaaklike eetgoed gekry.”

Vir vriendelike en kundige ondersteuning kan Gansbaai Toerisme se span by 028-384-1439 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hulle by gansbaaiinfo@telkomsa.net. Besoek ook gerus hulle webtuiste by http://www.gansbaaiinfo.com.

Hardus Botha     

Toerisme se 21ste AJV

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant