R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Met die verkiesing van 'n nuwe Speaker, die inhuldiging van twee nuwe raadslede en die nuus dat nog 'n senior raadslid die tuig gaan neerlê, was verandering aan die orde by die vergadering van die Overbergse Distriksmunisipaliteit (ODM) op Maandag 31 Augustus 2015 op Bredasdorp.
Boonop is daar afskeid geneem van 'n amptenaar wat veertig jaar lank in diens van die ODM was.
Raadsheer Johan Nieuwoudt (DA) is op 'n spesiale raadsvergadering in 'n geheime stemming met 11 stemme teen 9 tot Speaker verkies. Hy is deur rdl Charles November van die ANC teengestaan.
Die raad van die distriksmunisipaliteit bestaan uit een-en-twintig raadslede, maar op die oomblik is een pos vakant nadat die vorige Speaker, rhr Danie du Toit, 'n pos as proporsionele raadslid van die Theewaterskloof se Munisipaliteit aanvaar het.
By die gewone raadsvergadering het twee nuwe raadslede die eed van getrouheid afgelê: Lisel Krige wat die DA verteenwoordig en Elizabeth Mentile vir die ANC. Krige is deur die Overstrandse Munisipaliteit afgevaardig in die plek van rdl Elzette Nell, wat om persoonlike redes uit sowel die rade van die distrik as Overstrand bedank het. Mentile is in die plek van die direk verkose proporsionele raadslid Simphiwe Tembele, wat bedank het, aangewys.
By die raadsvergadering is ook bekend gemaak dat dit die laaste vergadering sal wees wat raadsheer Anton Coetsee die Overstrandse Munisipaliteit in die distriksmunisipaliteit sal verteenwoordig.
Hy sal egter nog in sy hoedanigheid as bestuurslid van die SA Plaaslike Regeringsorganisasie, SALGA, sekere komitee vergaderings bywoon.
Van die ODM se 21 raadslede, word 9 proporsionele raadslede regstreeks deur politieke partye aangewys en 12 deur munisipaliteite – Theewaterskloof 5, Overstrand 4, Kaap Agulhas 2 en Swellendam 1.
Twaalf van die raadslede is van die DA en nege van die ANC. Geen ander partye word in die raad verteenwoordig nie.
Rhr Anton Coetsee, ‘n DA-verteenwoordiger van die Overstrand se Munisipaliteit, het kennis gegee dat hy by die ODM gaan uittree, maar dat hy in sy SALGA hoedanigheid steeds by sekere komitees betrokke sal wees.
By die geleentheid is daar ook afskeid geneem van Mannetjies Adolf, 'n man wat al graaf agter die padskrapers geslaan het toe Burgemeester Lincoln de Bruyn nog in sy babadoeke was. Dié twee het egter die pyn en lyding van nierstene in die hospitaal gedeel en goeie vriende geword. Bitter min mense kan met ‘n loopbaan van veertig jaar by een instansie spog, het die Burgemeester gesê.
Volgens Mannetjies was dit die eerste keer dat hy in die raadsaal kom terwyl daar 'n raadsvergadering aan die gang is. Hy het sy dank teenoor die munisipaliteit as werkgewer betuig en ook hulde gebring aan sy departementshoof, mnr M. van Eeden, wat groot vertroue in hom gestel het en goeie leiding gegee het.
SSMA/Fanie Krige
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.