Badisa / OK Foods HaS Gholfdag

Badisa / OK Foods HaS Gholfdag

Gansbaai Courant

Volgende naweek “bewe” Gansbaai se Gholfbaan weer met entoesiastiese gholfspelers en besoekers op Saterdag, 3 Oktober 2015 - alles ten bate van Herberg-aan-See (HaS). Vanjaar se hoofborg vir die Badisa / Gansbaai OK Foods HaS Gholfdag is Gansbaai OK Foods, met ontbyt en middagete wat by hulle borgskap ingesluit is.

Die pryse wat gewen kan word is nie te versmaai nie en sal menige gholfspeler se hart vuurwarm laat klop:

2 x wenpryse by Club Mykonos Langebaan (eenhede 0770 en 0778, met 2 kamers en 6 slaapplekke elk);
Dyer Island Cruises (Walviskyk Safarie vir 2 persone);
White Shark Tours (Haaihok-duik vir 2 persone);
Strandskloof Karavaanpark (gratis naweek);
1 x geslagte rooibok;
1x geslagte springbok;
Guano Organics Kunsmis-mengsel;
Gansbaai OK Foods (20 x geskenkpakke/hampers) plus (2 x halwe skape).

Met die borg van putjies staan sake soos op 22 September 2015 soos volg:

No 9 - Gansbaai OK Foods;
No 8 - Dr Frans en Nicolene Richards;
No 7 - AVBOB;
No 6 - Kleinbaai Superette, Drankwinkel en Motorhawe;
No 5 - HaS Beheerraad;
No 4 - ‘n Borg word nog benodig;
No 3 - Drs Marina Barnard en Russel Reuvers;
No 2 - Dr Christo Barnard;
No 1 - ‘n Borg word nog benodig.

Skryf vroegtydig in vir ‘n opwindende gholfdag met fantastiese prys, asook ‘n ontbyt en middagete. Inskrywingsfooie beloop R150 per persoon en die belangrike datum is Saterdag, 3 Oktober 2015.

Navrae en/of besprekings oor HaS se Gholfdag kan aan John by 028-384-0501 gerig word, of aan André by 028-384-1441.      

Hardus Botha

Badisa / OK Foods HaS Gholfdag

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant