R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die Munisipaliteit Overstrand het gedurende die afgelope jaar die prysgeld wat hulle gewen het in die “Greenest Municipal Competition,” waar Overstrand vir twee (2) agtereenvolgende jare as wenner in Suid-Afrika aangewys is, aangewend om talle merkwaardige projekte te befonds. “In die Gansbaai area is projekte soos die verfraaiing van die dorpsingang, piekniektafeltjies langs die kusgebied van Franskraal, sypaadjies in Blompark en die opgradering van speelparke in die hele gebied, suksesvol afgehandel,” sê mnr Francouis Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie. “Daar is ook bome geplant en piekniektafeltjies aangebring in verskeie speelparke.”
Op 16 Oktober 2015 het rdl Riana de Coning na afloop van haar maandelikse vergadering met lede van die wykskomitee van Wyk 2 (as bydrae tot boomplantdag) besluit om bome te plant by die speelparkies in Gansbaai (Rietstraat, asook in De Wetstraat) en in die Bietoubospark in De Kelders. Die verteenwoordigers van die onderskeie woongebiede het hul waardering uitgespreek teenoor hierdie gebaar. Die meegaande foto’s vertel die volle verhaal.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.