Melodrama 2015 - Om na uit te sien

Melodrama 2015 - Om na uit te sien

Gansbaai Courant

 “Daar sal weer eens vele nuwighede met etlike nuwe spelers wees om vanjaar na uit te sien,” vertel ‘n opgewonde JP Coetzer, voorsitter van Gansbaai Melodrama Kinder Trust.

“Alle items is nuutgeskep en reeds deeglik ingeoefen en meer as die helfte van die spelers sal ‘nuwe’ gesigte op die verhoog wees.” Hierdie gedugte groep bestaan jaarliks uit vrywillige lede vanuit die gemeenskap wat vele tyd en harde vooraf voorbereiding aan die dag lê - nie vir hul eie sakke nie, maar om die Trust se fondse te versterk ten bate van liefdadigheid in die gemeenskap. Deur hulle voluit te ondersteun, beteken dus om veral minder bevoorregte kinders in die onderskeie gemeenskappe te ondersteun. Vanjaar se gedugte Bestuurspan bestaan uit JP Coetzer as organiseerder, saam met Adrie Nigrini, Juanita Hage, Juanita van Zyl, Michiel Geldenhuys en Roza Rabe.

Vanjaar se Melodrama word weer eens in die Pretoriussaal aangebied en kostes vir hierdie grootskaalse poging vir liefdadigheid en 6 maande se harde werk en opoffering, beloop ‘n skrale R40 vir kinders en R50 vir volwassenes. Eerskomende Woensdagaand, 7 Oktober sal alle kinders weer met ‘n gratis vertoning bederf word, Donderdag- en Vrydagaande, 8 en 9 Oktober se vertonings is vir gesinne. Soos gebruiklik sal daar weer op Saterdagaand, 10 Oktober ‘n prestige Gala-aand wees teen R220 per persoon, ingesluit ‘n 3-gang maal wat deur Blue Goose voorberei sal word.

Kaartjies vir die Gala-aand kan by JP Coetzer (083-274-9674) bespreek word, of skakel vir Juanita Hage by 071-254-9396, met nog slegs 40 kaartjies wat beskikbaar is.

Hardus Botha

Melodrama 2015 - Om na uit te sien

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant