Blaffende BARC-Pannekoeke

Blaffende BARC-Pannekoeke

Gansbaai Courant

Verlede Saterdag voor Gansbaai Superspar was dit die ene rep en roer soos wat ‘n klompie vrywillige dames al blaffende pannekoek ten bate van BARC gebak en verkoop het. “Dit was ‘n reuse sukses en al ons aangemaakte deeg is opgebruik,” vertel Annalie Jonker van die Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC) in Gansbaai. Gesels mens ernstig oor BARC met Annalie, duik daar ‘n moedeloosheid op oor vele probleme, maar van handdoek ingooi is daar by hierdie “BARC-Ystervrou” nie sprake nie, selfs al kry sy nie die krediet wat sy verdien nie. Die effektiewe bestuur van BARC is vir haar ‘n passie in die lewe. As hulp by die hokke is Michelle Philander in Januarie vanjaar aangestel. Hierdie entoesiastiese dame se verantwoordelikhede strek egter veel verder as die skoonhou van hokke.  

Tans is daar nie ‘n permanente Veldwagter nie en BARC het weer ‘n advertensie vir een elders in hierdie uitgawe van Gansbaai Courant geplaas. Intussen help BARC se kannie-dood staatmaker, Antonie Jordaan, weer as Veldwagter uit, maar is terselfdertyd druk besig met die vergroting van BARC se Cattery (kattehok), asook addisionele hondehokke wat gebou moet word. Die tweedehandse BARC Winkel op die hoek van Hoof- en Korporasiestrate (langs Kekkel en Kraai) kan gerus besoek word, maar is ook afhanklik van die skenking van tweedehandse items. Vir diereprobleme en/of die aanneem van diere kan BARC se bestaande selnommer by 083-742-3903 geskakel word. Michelle sal antwoord en van hulp mees, met Antonie wat in meer ernstige gevalle van hulp sal wees.

Vir algemene BARC-navrae, asook die vakante Veldwagterspos, kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word.

Hardus Botha

Blaffende BARC-Pannekoeke

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant