R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Ons het nou so goed met die effektiewe stigting van ‘n Buurtwag in Franskraal gevorder, dat dit tyd geword het om behoorlik te struktureer,” vertel Willem van der Merwe, koördineerder van die loodskomitee wat ‘n geruime tyd gelede saamgestel is. “Die doel van die loodskomitee was om lede te werf sodat die buurtwag op die been kan kom.” Willem sê die buurtwag is onlangs amptelik geregistreer en in totaal is daar reeds sowat 67 lede. “Ons behoort dus eersdaags met patrollies te kan begin sodra die volle vergadering plaasgevind het en ‘n bestuur gekies is.” Willem sê dit gebeur dat inwoners bang is hulle moet noodwendig patrolliewerk doen wanneer hulle as lede aansluit. “Dit is egter nie die geval nie,” sê hy. “Vanselfsprekend moet daar lede wees wat bereid sal wees om patrolliewerk te doen, maar die res van die lede hoef net hulle ‘oë’ te gebruik en, sonder om gesien te word, ‘n boodskap aan die relevante lede te stuur.” Intussen het ‘n “Whatsup”-groep in Franskraal, waar inwoners mekaar op hoogte hou van verdagte persone of motors in die omgewing, begin. Willem verduidelik dat die doel van hulle vorige publieke vergadering was om die projek aan die gang te kry, die buurtwag gerigistreer te kry en om lede te probeer werf. Die publieke vergadering vir Franskraal se inwoners wat nou beplan word, sal bydra tot die behoorlike strukturering van die buurtwag. ‘n Volwaardige bestuur sal ook tydens die vergadering gekies word. “Ek glo dat die bestuur wat verkies gaan word daarna behoorlik gestruktureerd sal wees en sal met ‘n mandaat deur die inwoners die wiele behoorlik aan die rol kan sit,” sê Willem. Franskralers kan gerus kennis neem van die belangrike vergadering wat op Maandag, 12 Oktober 2015 om 17:00 in die Franskraal Rolbalklub se saal aangebied sal word. “Kom ondersteun gerus hierdie broodnodige aksie in tye waar ons net al hoe meer met misdaad te doen kry,” sê Willem.
Vir navrae kan Willem van der Merwe by 083-791-8497 geskakel word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.