Gansbaai Courant

Blog: OVERBERG DISTRIK JUKSKEI FEDERASIE

Published: 15 October 2015
By:RESULTATE VAN DIE SA MEESTERS 2015

Die jaar was die eerste keer wat Overberg Distrik deelgeneem het aan die SA Meesters Toernooi op Kroonstad. Die resultate is as volg:

Pruimpie Botha Driespel :  1ste en 4de Overberg

Die resultate vir die week is as volg: In die B afdeling is Overberg 5de, in die C afdeling is Overberg 4de, en in die D afdeling  is hulle 3de.

Overberg Distrik is 5de uit 13 Distrikte wat deelgeneem het.

OVERBERG DEURNAG

Om 75 jaar van Jukskei te vier gaan Overberg deurnag speel op 16/17 Oktober 2015 te Sandbaai, by Groenberg Jukskeiklub.  Die opening is 19h00 Vrydagaand en daar word gespeel tot 07h00 Saterdagoggend.

Inskrywings is R30 per persoon. Spanne kan uit meer as 4 spelers bestaan en kan  daar gewissel word van spelers.

Daar sal spanpryse, asook individuele pryse wees vir die persone met die meeste punte.

Verversings sal heel nag te koop wees.

Daar sal ook potjiekos verkoop word deur die nag.

Daar sal musiek en 'n paar ander aktiwiteite wees.

Die oggend sal afsluit met 'n skottelbraai ontbyt.

Daar is plek om te kamp vir die wat tente wil saambring.

Kom geniet die nag saam met Overberg.

Inskrywings kan gedoen word by Penny Davidson per epos: davidsons@sonicmail.co.za of by Jako Botes : lawnmagic@hermanus.co.za

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...