Balletjies vlieg vir HaS

Balletjies vlieg vir HaS

Gansbaai Courant

Die gholfballetjies het behoorlik gevlieg tydens Herberg-aan-See (HaS) se suksesvolle Badisa / OK Foods HaS-Gholfdag. Hierdie “2 Ball American Scramble” op 3 Oktober vanjaar was die tweede kompetisie van hierdie aard ten bate van HaS wat deur John van Rooyen, Bestuurder: HaS geïnisieer is. Tussen homself en Anita van Dyk, asook vele andere is daar hard gewerk - met groot suksesse as beloning.

“Te danke aan ons Hoofborg, Gansbaai OK Foods, kon dit nie anders as om ‘n suksesvolle dag te wees nie,” sê John. “Hulle het uit hul pad gegaan met vele reëlings en pryse.”

Die ontbyt en middagete is deur Gansbaai OK Foods geborg, asook 20 x geskenkpakke/hampers plus 2 x halwe skape, asook die 9de putjie wat deur hulle geborg is. Ander pryse wat nie te versmaai was nie, was 2 x wenpryse by Club Mykonos Langebaan; Dyer Island Cruises (Walviskyk Safarie vir 2 persone); White Shark Tours (Haaihok-duik vir 2 persone); Strandskloof Karavaanpark (gratis naweek); 1 x geslagte rooibok; 1x geslagte springbok; Guano Organics Kunsmis-mengsel. Nog borge was Dr Frans en Nicolene Richards, AVBOB, Kleinbaai Superette, Drankwinkel en Motorhawe, HaS Beheerraad, Drs Marina Barnard en Russel Reuvers, Dr Christo Barnard, Lighthouse Tavern en Jo Signs.

“Baie dankie ook aan die Bestuur van Gansbaai Gholfklub vir hulle puik reëlings en die borg van die baanfooie, asook aan Bev Swart vir die hantering van die veiling en Annatjie Germishuys en haar Goue Hande helpers met ontbyt en middagete,” sê John. Hy en Anita sê hulle kan nie genoeg dankie sê vir al die borge en ondersteuning nie. “Ek glo dat hierdie dag in die toekoms met almal se ondersteuning en betrokkenheid net kan groei,” sê John.

 Hardus Botha

Balletjies vlieg vir HaS

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant