Dis kabeljoutyd!

Dis kabeljoutyd!

Gansbaai Courant

Indien jy ‘n kans gewaag het en ‘n paar dae op see was sou jy kon spog met ‘n paar vis. Meerendeel was dit silwervis en mooies, op die koop toe. Die romanne en PW”s was ook taamlik volop terwyl hotties ook te kry was, maar oor die algemeen van middelmatige grootte was.

Van al hierdie visse het daar kort-kort ‘n bulletjie te voorskyn gekom, en dis mos waaroor hengel gaan! Die weer bly steeds onvoorspelbaar en dit beinvloed nie net of jy dit op see kan waag nie maar ook watter vis om te teiken. Gelukkig is daar ‘n groot variasie en oor die algemeen kan nie gekla word oor wat gevang word nie. Maar onthou, die vis byt nie op droë grond nie.

Dis altyd noodsaaklik om daarop te wys dat veral wanneer die vis aan die byt gaan en die wil om see toe te gaan oorweldigend is, veiligheid in gedagte gehou moet word Veral as jy nie ‘n gesoute seemens is nie en dit lyk asof toestande ongunstig raak, keer liewer terug na die sementpad (hawe).  Wat die stokmanne betref, daar word wel reeds kabeljou gevang, maar daar moet opgelet word vir die regte kleur water.

By Rooikransies was daar paar dae terug mooi vaalwater en is ‘n paar vis gevang. Die begin van die kabeljouseisoen kan jy maar sê is met ons en veral die amperbootjies sal nou tot hul reg kom. Ek weet van ‘n paar ouens wat al lekker aan die gebakte kabeljou gesmul het! Wat die weer aanbetref sal die manne wat hul oog hou op die vang van byv. geelbek, hoop vir suidweswinde terwyl die kabeljoukêrels die suidooswinde sal verwelkom. Ek het meer hoop vir laasgenoemde want dit is tyd daarvoor. Die kabeljou gaan in elk geval nou vlak water toe.

Maar moenie ‘n fout maak nie. Hierdie kwessie is baie onvoorspelbaar en ek sal beslis ook op die uitkyk wees vir vis anders as kabeljou en geelbek. Hou maar jou oog op die weer en tree daarvolgens op. So tussenin word daar ook mooi galjoen gevang, maar hou die almanak dop, die afsnydatum is die 15e van hierdie maand.

Groete, Seemeeu

Dis kabeljoutyd!

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant