Omgekrapte see - Goeie vangstes

Omgekrapte see - Goeie vangstes

Gansbaai Courant

Die see was die naweek van 3 Oktober 2015 erg omgekrap, maar die Birkenheaders het nie té sleg gevaar nie.  

Die Birkenhead Boothengelklub het die jaarlikse King of the Bay Kompetisie aangebied (Gansbaai Courant, Donderdag, 8 Oktober 2015), maar die kompetisie was terselfdertyd deel van die klub se interne maandelikse boothengelkompetisies.

Net 4 bote het ingeskryf en 3 het ingeweeg, met ‘n totale bemanning van 13 wat deelgeneem het, waarby 2 dames ingesluit was. 5 verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was 33 met 'n totale massa van 28.65kg, wat ‘n gemiddeld van 2.20kg per hengelaar beteken. Volledige uitslae is soos volg: swaarste vis, Johan Burmeister (Rooi Stomp - 2.35kg); 2de swaarste vis, Henri Punt (Rooi Roman - 2.05kg); swaarste sak (9.20kg), Johan Burmeister; 2de swaarste sak (5.15kg), Henri Punt; swaarste boot-gemiddeld (7.05kg), Nu Nu van Johan Burmeister; 2de swaarste bootgemiddeld, Relêks 2 van Jean Downing; Dame Swaarste sak (1.95kg), Dixie Walsh.

Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister (54.93kg), Relêks 2 van Jean Downing (36.98kg); Oupa van Ben Uys (32.72kg), Mans Visvang-kampioene - Johan Bur-meister (58.20kg), Philip Fourie (54.05kg), Jean Downing (41.80kg); Dame Visvangkampioen - Dixie Walsh (19.75kg); Junior Visvangkampioene - JP Uys (33.45kg), Hennie Groenewald (24.85kg). Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 7 November 2015 geskeduleer, met ‘n gesellige aandfunksie die aand. Kennis kan nou reeds geneem word van die Birkenhead Boothengelklub se Algemene Jaarvergadering wat op Vrydag, 13 November sal plaasvind, met die Jaareindprysuit-delingsfunksie op Saterdag, 14 November.

Klubnavrae en funksie-besprekings kan aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634 gerig word, met kompetisie-navrae Johan Burmeister by 082-895-7647 gekontak word.

Hardus Botha

Omgekrapte see - Goeie vangstes

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant