Kwaailappies

Kwaailappies

Gansbaai Courant

“Indien jy op laerskoolvlak al deeglik met die see kennis gemaak het en op 74-jarige ouderdom (middel 2015) steeds die plesier ondervind om te hengel, is dit nie werklik moeilik om insidente op te roep wat uitstaan nie,” skryf Albert Potgieter in sy nuwe boek, Kwaailappies: Werk só saam - op en langs die see.

Albert, bekende boothengelaar op sy boot, Kwaailappies, se boek is deur Naledi Uitgewers van Johan Coetzee uitgegee en deur J Taylor Pre-Print Solutions gedruk.

In die boek beskryf Albert die boot se naam, Kwaailappies (‘n 4.7m skiboot met twee 40 perdekrag motors) waarmee hy vir etlike jare al see toe gaan, as die Kaapse weergawe van “sommer ghoef”.

Die hooftema van die boek dui feitlik deurgaans op raadgewing, gesonde advies en vele moets en moenies vir skippers en bemanningslede, asook enkele ware verhale van benoude oomblikke ter see.  

Onder andere word aspekte soos respek vir die ankerman, die korrekte “tackle”, veiligheidsmaatreëls, nuttige wenke en veel meer volledig bespreek.

Albert verwys ook na korrekte prosedures tydens nagtelike vangstes, basiese kennis van noodhulp, die vang van ‘n haai en die dinge van ‘n stok. Die boek kan beslis vir boothengelaars aanbeveel word.

Op die agterblad verskyn ook enkele kommentare oor die boek deur bekende en gesoute boothengelaars.

Vir die wat nie weet nie, dit is Albert se tweede boek wat hy geskryf het.

Sy eerste boek, Victory! A philiosophy of Self-Defence, to make YOU the winner - every day, was ook op persoonlike ervaring oor vele jare geskryf, aangesien hy tot by 2de Dan in selfverdediging gevorder het. Hy het ook destyds sy eie gym daarvoor geopen wat vandag nog bedryf word. Dus is hy ‘n hengelaar met ‘n mens nie moeilikheid moet soek nie!

Albert se boek, Kwaailappies, sal op Dinsdag, 27 Oktober 2015 om 18:30 vir 19:00 in Gansbaai Book Exchange van Nicolette Bosch bekendgestel word en sal ook daar teen R55.00 per eksemplaar beskikbaar wees.

Navrae kan aan Albert Potgieter by 028-384-1136 of 072-748-4687 gerig word. 

Hardus Botha

Kwaailappies

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant