Fanie en Melindi sing tbv HaS

Fanie en Melindi sing tbv HaS

Gansbaai Courant

Fanie Velskoen en Melindi Charle, deesdae ‘n huwelikspaartjie, tree op Saterdag, 7 November 2015 om 19:00 ten bate van Herberg-aan-See in die Pretoriussaal op.

Dit is twee talentvolle kunstenaars wat hulself lankal reeds bewys het. Hulle is altwee solo-kunstenaars, maar nou ook man en vrou vanaf April 2015 as ‘n duet paar en ouers van ’n 9-jarige dogter, Schani Pixie, 6 honde en 17 katte. Wanneer hulle optree, doen hulle meesal elk ‘n solo, met die hoogtepunt ‘n gesamentlike duette. Melindi het ‘n unieke stem wat die vokale laat werk soos ‘n instrument en haar repertoire is vanaf “pop rock” tot balades tot ligte klassiek. Vellies doen van “swing” tot by populêre “oldies” tot “modern country”, alles saam met sy ghitaar. Melindi het reeds 5 albums vrygestel en Vellies 4. Hul nuutstes is Melindi se “Wille Vicky” se woorde en Vellies se “Net een gister”.

Hulle duet album, “Bella Donna” is onlangs vrygestel - ‘n album in Afrikaans en Engels met ‘n lewendige “country” tema waarop Melindi haar  produksietalent laat “bokspring”. Deesdae sluit Schani Pixie ook by haar ouers op die verhoog aan en sy is besig om in ‘n formidabele jong sangeres te ontwikkel. Melindi se groot passie vir musiek is haar liefdadigheidsorganisasie, “The Butterfly Beauty Project” wat fokus op al die “eina”-mense en diere daar buite. Op “You tube” is daar verskeie musiekvideos te sien, waarvan “Fly”, “Schani Pixie se Butterfly”, “You are my rain”, “Lepeltjie lê”, “Net een gister” en “Bella Donna”. Melindi se “Bolla” speel nou nog op Kyknet en die twee se musiek speel op radiostasies landwyd. Onthou die datum vir ‘n genoeglike aandjie ten bate van HaS: Saterdag, 7 November om 19:00 in die Pretoriussaal. Kaartjies kos R50/persoon en kinders o/12 is gratis.

Navrae aan Hester by 082-439-6256, of Herberg-aan-See by 028-384-0501, of stuur ‘n e-pos aan Hester by venterh55@gmail.com

Hardus Botha

Fanie en Melindi sing tbv HaS

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant