HaS se oudste 96

HaS se oudste 96

Gansbaai Courant

Tannie Winnie Steenkamp is Herberg-aan-See (sedert 2010) se oudste inwoner en het op 12 Oktober vanjaar die lewensmylpaal van 96 jaar bereik. Op 8 Oktober het die Laslappiesklub, onder leiding van Marina Joubert en Ria van der Merwe, vir ‘n uithaler funksie gesorg, met geskenke en eetgoed in oorvloed. Annelie Botha het 2 geestelike liedere spesiaal vir Winnie gesing, met haar seun, AW Steenkamp wat ‘n geestelike praatjie gelewer het.

“Sy het haar hart reeds op ‘n baie jong ouderdom aan haar Verlosser oorgegee en gebruik haar Bybel as enigste lewensriglyn,” sê haar seun, AW (dr) Steenkamp. “Sy besoek ook gereeld siekes in HaS, is getrou met Bybelstudies en leef haar steeds uit met haar geliefde stokperdjie, naaldwerk. Op geestelike gebied is my moeder ‘n ware voorbeeld en ‘n inspirasie vir vele.”

Die feesvieringe is op Sondag, 11 Oktober opgevolg met ‘n uithaler boerekos-ete by Groeneweide Kwekery, met etlike naby-familie wat dit bygewoon het, met ‘n susterskind, Janet Fisher wat van Duitsland af kom kuier het. Wilhelmina Hendrina Sadie Bester is op 12 Oktober 1919 op die plaas Karmenaatjieskraal in die Hopefield-distrik gebore. Sy het in Koperfontein, naby Hopefield grootgeword en in 1930 saam met haar ouers in Hopefield gaan woon. Sy was die oudste dogter van ‘n gesin van 7 kinders, waarvan 3 reeds oorlede is.

Vanaf 1940 tot 1947 was sy in ‘n verplegingsberoep en daarna meerendeels huisvrou. In 1947 tree sy met wyle Gideon Steenkamp, wat 35 jaar vir die Suid-Afrikaanse Spoorweë gewerk het, in die huwelik en 3 kinders is uit die huwelik gebore. As gevolg van wyle Gideon se werk, het die gesin in heelparty dorpe gewoon, met sy laaste standplaas as Bonnievale in 1971, waar hy ook afgetree het. Vanaf 1992 tot 2009 het hulle in Worcester gewoon, waarna Gansbaai aan die beurt gekom het. As Weskus-kind is sy baie lief vir die see en eet graag vis, maar sy was ook oor vele jare heen betrokke by die Sendingbond en koorsang.

Tannie Winnie geniet steeds goeie gesondheid en beleef haar “oudag” met ‘n helder verstand, terwyl sy ook graag humoristiese stories uit die verlede vertel. 

Hardus Botha

HaS se oudste 96

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant