EER JOU VADER EN JOU MOEDER!

EER JOU VADER EN JOU MOEDER!

Gansbaai Courant

 “Eer jou vader en jou moeder, sodat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou GOD aan jou gee.” (Eks. 20:12) 

Die studentebetogings op verskeie kampusse die afgelope tyd het my weereens laat wonder oor  die probleem van gesag en respek. Hierdie saak raak elkeen van ons ten nouste aangesien ons almal kinders en kleinkinders het wat moet leef en grootword in die huidige tyd waar dit lyk asof kinders baie min respek en ontsag oor het vir ouers en owerhede.

Ons kan die probleem en sy oorsaak by verskeie plekke gaan soek, maar vir ons wat in die Almagtige GOD en Hemelse Vader glo, is daar altyd die één plek om te begin en om daar te eindig: Die Woord van GOD. Wat sê GOD vir ons in Sy Woord? Dan lees ek weer die 10 Gebooie (die Wet van GOD) en besef dat alles gaan oor respek en ontsag vir GOD, ons ouers en vir mekaar. Ons kan nie sê ons is gelowiges en weier om respek vir GOD, ouers en naastes te hê nie.

Dit is net in die 5de Gebod waar ek lees dat een van die Gebooie ’n belofte as ondersteuning het.

Lees dit saam met my in die Boodskap: “Jy moet respek hê vir jou pa en jou ma. Jy sal dan lank en gelukkig leef waar die HERE jou laat bly.Respek (eer) beteken meer as net liefhê en aanvaar. Die

woord in Hebreeus  beteken dat daar ’n swaar gewig op jou skouers gelaai word. Dit is vir GOD só belangrik dat Hy vir elke kind wil waarsku dat hulle te alle tye respek en ontsag moet hê vir hulle ouers – want as hulle dit doen – sal Hy vir hulle in die land waar hulle woon, seën met vrede, geluk en ’n lang lewe! Sjoe! Dit is ’n mond vol, nê?

Die feit is dat ons as ouers ons kinders hierdie Gebooie van GOD van kleins af moet leer. Iewers moes hulle tog gehoor en gesien het wat dit beteken om respek te hê vir ouers.  Alle opvoeding begin by die ouerhuis. Dit begin waar pa en ma mekaar met liefde en respek behandel sodat die kinders die voorbeeld kan sien. Dit begin waar pa  en ma hulle kinders dissiplineer met die regte tyd en aandag. Lees ons nog die Bybel saam met ons kinders? Praat ons nog elke dag met hulle oor GOD en Sy geliefde Seun, Jesus Christus?  “Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.” (Deut. 6:6,7)

Dalk moet ons onsself afvra of die belofte van die 5de Gebod nie nou teen ons begin tel nie. Het al die onvrede en ongelukkigheid in ons land nie tog maar te doen met die feit dat ons nie meer GOD en ons ouers respekteer nie? Geld GOD se Gebod nog?

 Ds Deon Kloppers

EER JOU VADER EN JOU MOEDER!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant