Academia se 2015 Valedictory-dag

Academia se 2015 Valedictory-dag

Gansbaai Courant

Vrydag, 16 Oktober het Academia formeel die matriekgroep van 2015 gegroet. Die eerste vak, RTT prakties, is reeds op Maandag, 19 Oktober geskryf. Die eksamen begin dan in alle erns op die 28ste Oktober.

Vanjaar was die leerders weer getrakteer op ‘n heerlike ontbyt by Wimpy vanwaar die tradisionele “dorploop” begin het. Soos die groep in die Hoofstraat afgeloop het, het mense gewaai en gegroet. Danksy die Verkeersdepartement was daar geen ongelukke nie.

By die skool het leerders hul eksamennommers ontvang. Die hoofmeisie, Jenica Conradie en hoofseun, Verreynne van Tonder, het elk ‘n roerende toespraak gelewer waar hulle beklemtoon het hoeveel geleenthede die skool leerders bied. Tydens die geleentheid het die hoof, mnr Tommy Wilson, twee spesiale pryse oorhandig. Die eerste was vir die “Proud Sharkie” wat vanjaar gedeel word tussen Simphiwe Yana en Malcolm Mulope. Dan is daar die tong in die kies prys aan die “Deurmekaarste Sharkie.” Die trotse titel het vanjaar aan Lucky Meje gegaan. Lucky is ‘n jong man wat van graad agt af altyd gevra het: "maar hoekom....?" Die personeel gaan hom baie mis.

Met dié geleentheid wil die skool graag beklemtoon hoe belangrik die gemeenskap se betrokkenheid by die skool is. Die skool is dankbaar vir almal wat ‘n aandeel gehad het in die vorming van vanjaar se matrieks oor die afgelope vyf jaar van hul hoërskoolloopbaan.

Liezel Mostert

Academia se 2015 Valedictory-dag

Liezel Mostert & Collage Monica Hayes

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant